NewsNews

R59 gesluit – gemeenskap staan saam

MEYERTON. – Die R59, tussen die Johan le Roux-afrit en Meyer-afrit, is steeds gesluit na inwoners van Sicelo weer eens die pad met klippe en brandende bande versper. Die afrit na De Deur is ook gesluit. Inwoners van Sicelo is ongelukkig omdat Paul Mashatile steeds geen terugvoering aan hulle gegee het oor grond wat aan hulle …

Inwoners van Sicelo is ongelukkig omdat Paul Mashatile steeds geen terugvoering aan hulle gegee het oor grond wat aan hulle beloof is nie.

Midvaal Burgemeester Bongani Baloyi het egter reeds met die SAPD en POPS (Public Order Policing Unit) vergader om die R59 oop te maak en stabiliteit in die gebied te herstel.

Hulle wag ook om uit te vind oor implimentering van die hofbevel wat inwoners verbied om die R59 te versper en onwettig grond te beset na die Midvaal Plaaslike Munisipaliteit in Julie die hof genader het.

Luidens ‘n verklaring van die Midvaal Plaaslike Munisipaliteit is verskeie protesgangers reeds in hegtenis geneem.

Intussen het inwoners van Midvaal en lede va die GPF ingespring en gehelp om verkeer te reguleer.

Die polisie monitor die protesaksie.

  AUTHOR

Carla du Plessis
Journalist/Photographer/Online content creator

Related Articles

Back to top button