NewsNews

“Koekedoortjie”wys haar slag

As dit by kosmaak en gebak kom, ken Petra van Niekerk van Parys verseker haar storie! Sy was genooi vir die oudisierondte vir die heel eerste Koekedoortjie-reeks op    kykNet. Die tema van die oudisierondte was “Spesiaal” en moes deelnemers self besluit wat vir hulle spesiaal is en hoe om dit in enige tipe grootkoek uit …

As dit by kosmaak en gebak kom, ken Petra van Niekerk van Parys verseker haar storie! Sy was genooi vir die oudisierondte vir die heel eerste Koekedoortjie-reeks op    kykNet.
Die tema van die oudisierondte was “Spesiaal” en moes deelnemers self besluit wat vir hulle spesiaal is en hoe om dit in enige tipe grootkoek uit te beeld wat vooraf gebak moes word. Alles wat as versiering gebruik is, moes eetbaar wees en liefs selfgemaak. Met die tweede rondte sal deelnemers self agter die klitser en oond hul slag by die oudisie kom wys.
Hoewel Petra nie deurgedring het na die volgende rondte nie, is dit ’n  groot eer vir enige jong kok om genooi te word na ’n  oudisie.  Petra en nog ’n  Parysenaar, Zané Labuschagne, was vroeër onder die 150 kranige jong kokke wat ook die kortlys gehaal het vir die Johannesburgse oudisie vir die Kokkedoortjie-reeks.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button