NewsNews

Tweedejaarstudente wen skynverhoor

’n Span tweedejaarstudente van die Fakulteit Regte op die NWU se kampus in Mahikeng het die derdejaarstudente die loef afgesteek deur die eerste plek in die gewilde jaarlikse NWU Juta Skynverhore-kompetisie te behaal. Dit was ’n skynverhoor vol drama, vermaaklike getuienis en ’n kundige uitspraak. Dit tweedejaars, vir die verdediging, het hulle pad oopgeredeneer in… …

’n Span tweedejaarstudente van die Fakulteit Regte op die NWU se kampus in Mahikeng het die derdejaarstudente die loef afgesteek deur die eerste plek in die gewilde jaarlikse NWU Juta Skynverhore-kompetisie te behaal.
Dit was ’n skynverhoor vol drama, vermaaklike getuienis en ’n kundige uitspraak.
Dit tweedejaars, vir die verdediging, het hulle pad oopgeredeneer in ’n “aanrandingsaak” in die finaal in Potchefstroom gehou is.
Ezekiel Dikio, Thato Maphangela, Leo Maphosa en Sibongiseni Nhlapo het vir hulle ‘n oorwinning verseker deur twyfel te skep oor die gebeure.
Die derdejaarstudente Iminje Hartzenberg, Napo Labane, Jennifer Moabi en Faheemah Varachia het vir die Staat geargumenteer as deel van ’n NWU-span wat uit studente van al drie die NWU se kampusse bestaan het.
Me JJ Ikanengwas die voorsittende beampte by die finaal.
Die Juta Skynverhore-kompetisie is die geesteskind van advokaat René Koraan, dosent in die Fakulteit Regte op die kampus in Potchefstroom. Sy het in 2011 met die kompetisie begin.

Die vermaak tydens die 2017 NWU Juta Skynverhore is deur Glimpse en Calvin Botha verskaf. Hier tree Glimpse op met hulle weergawe van die Lumineers se ”Submarines”.

Die NWU se derdejaarspan het tweede plek verower in hierdie jaar se NWU Juta Skynverhore-kompetisie. Die span het bestaan uit Iminje Hartzenberg, Faheemah Varachia, Jennifer Moabi en Napo Labane.

Die tweedejaarspan het met die titel as wenner van die 2017 NWU Juta Skynverhore weggestap. Hulle is Leo Maphosa, Thato Maphangela, Ezekiel Dikio en Sibongiseni Nhlapo. Saam met hulle is me JJ Ikaneng, hooflanddros van Noordwes.

Die tweedejaarspan het met die titel as wenner van die 2017 NWU Juta Skynverhore weggestap. Hulle is Ezekiel Dikio, Thato Maphangela, Leo Maphosa en Sibongiseni Nhlapo.

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button