NewsNews

Polisie soek drie dae al na liggaam

BARRAGE. – Die polisie se watervleul, Barrage polisie, Wesrand- en Vaalrand K9 Search and Rescue eenheid soek al die afgelope drie dae na die liggaam van ‘n man wat vermoedelik in die Vaalrivier langs Vaaloewer, op die plaas Rotsdrif verdrink het. FOTOS: Jannie du Plessis BARRAGE. – Die polisie se watervleul, Barrage polisie, die Wesrand- …

FOTOS: Jannie du Plessis

BARRAGE. – Die polisie se watervleul, Barrage polisie, die Wesrand- en Vaalrand se K9 Search and Rescue eenheid soek al die afgelope drie dae na die liggaam van ‘n man wat vermoedelik in die Vaalrivier langs Vaaloewer, op die plaas Rotsdrif, verdrink het.

Adriaan Haasbroek van die Wesrand het saam vriende die afgelope naweek by die oord langs die rivier gekuier toe hy blykbaar in die vroeë oggend-ure gou ‘n draaitjie moes gaan loop. Hy het egter op onverklaarbare wyse in die water beland. ‘n Vriend van hom het met ‘n flits in die water in gelig maar die battery was pap. Met ‘n ander flits wat hy gaan haal het, het hy gesien dit lyk of Adriaan swem. Toe hy egter die ander vriende roep en ‘n bootjie na die water gebring het, was Adriaan weg.

Polisie soek reeds die aflope paar dae na die liggaam. Dinsdag 5 September is twee hommeltuie ingespan in die soektog na Adriaan. Die hulp van snuffelhonde van twee K9 eenhede is ook gebruik. Hierdie honde kan ‘n liggaam wat onder die water is op die oppervlakte ruik. Sekere areas is wel geïdentifiseer maar die duikers se taak word egter bemoelik met die vloei van die rivier, rotse en ‘n keerwal. Die liggaam lê heelwaarskynlik agter die keerwal in ‘n diepte tussen twee en elf meter. Die soektog hervat vandag Woensdag 6 September.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button