NewsNews

Buitelandse aandele hoort in jou portefeulje

Francis Marais, beleggingsontleder van Glacier van Sanlam, verduidelik waarom dit belangrik is om buitelandse aandele as deel van ’n gediversifiseerde portefeulje te hê. Aandele het die afgelope tyd nie so goed presteer nie. Moet dit steeds deel van ’n portefeulje wees? Aandeelpryse beweeg siklies. Daarom sal dit met tye onderpresteer en ander tye weer baie… …

SAMSUNG CSC

Francis Marais, beleggingsontleder van Glacier van Sanlam, verduidelik waarom dit belangrik is om buitelandse aandele as deel van ’n gediversifiseerde portefeulje te hê.
Aandele het die afgelope tyd nie so goed presteer nie. Moet dit steeds deel van ’n portefeulje wees?
Aandeelpryse beweeg siklies. Daarom sal dit met tye onderpresteer en ander tye weer baie goed vaar. Dis ’n wisselvallige bateklas en jou mees riskante bateklas. Juis daarom kan ’n belegger ’n hoër opbrengs verwag.
Waarom moet ek ook oorsese aandele in my portefeulje hê?
Die Suid-Afrikaanse ekonomie is minder as 1% van die totale wêreldekonomie. Jy wil blootstelling aan daardie wye ekonomie hê en jy wil veral blootstelling aan die groei in die wêreldekonomie hê.
Kan enige belegger in die buiteland belê of is dit net vir ’n uitgesoekte groep beskore?
Jy kan bateruil-transaksies aangaan waar jy in ’n Suid-Afrikaanse fonds belê maar die fondsbestuuder belê dit op sy beurt direk in buitelandse maatskappye.
Daar is ook ’n opsie wat ons by Glacier vir jou gee waar jy toegang tot ’n internasionale platform het waar jy self direk by buitelandse fondse op ons buitelandse platform belê.
Regstreekse oorsese beleggings is waarskynlik meer bedoel vir beleggers met ’n hoë netto batewaarde. Dit beteken egter nie dat die gewone belegger nie toegang tot die buiteland kry nie. Jou normale gebalanseerde fondse het gedeeltelike blootstelling aan buitelandse fondse. Daar is ook buitelandse globale ekwiteitsfonds wat 100% in buitelandse aandele kan belê.
Watter faktore moet ’n mens in ag neem as jy regstreeks oorsee belê?
Boedelbelasting en dividendbelasting kan betaalbaar wees. Dis belangrik dat jy raad van spesialiste verkry.
Behoort politieke onsekerheid ’n dryfveer te wees vir jou besluit om oorsee te belê?
Fundamentele redes moet jou besluit dryf tesame met goeie finansiële beplanning eerder as wat jy besluite in reaksie op politieke gebeure neem.
Hoe kan ’n mens die wisselkoersrisiko van ’n buitelandse belegging bestuur?
Dis net ’n risiko as jy ’n korttermynbesluit neem op grond van beweegredes soos politieke gebeure of weens emosionele oortuigings.

Related Articles

Back to top button