NewsNews

Gewapende roof by kettingwinkel

  Een van die verdagtes wat deur die polisie aangekeer is, word hier in die voertuig gelaai. Foto: Jannie du Plessis VANDERBIJLPARK. – ‘n Gewapende roof het net na 06:00 vanoggend 31 Augustus by die Hendrik van Eck boulevard  Pick & Pay plaasgevind. Personeel het net aan diens gekom en nog buite voor die deur gestaan toe hulle …

Een van die verdagtes wat deur die polisie aangekeer is, word hier in die voertuig gelaai. Foto: Jannie du Plessis

VANDERBIJLPARK. – ‘n Gewapende roof het net na 06:00 vanoggend 31 Augustus by die Hendrik van Eck boulevard  Pick & Pay plaasgevind.

Personeel het net aan diens gekom en nog buite voor die deur gestaan toe hulle oorval is deur rowers en met vuurwapens aangehou is. Daar was ongeveer vyf rowers. Een van die personeel is lig beseer nadat hy geforseer was om die deur oop te sluit. Personeel is van persoonlike besittings soos selfone en een skootrekenaar beroof. Die rowers het artikels binne die Pick & pay ook geroof. Geskokte personeel is na die voorval na buite toe die polisie en sekuriteitspersoneel arriveer. Die rowers het met ‘n wit dubbelkajuit Ford Ranger gevlug. Volgens inligting was daar ‘n silwerkleurige voertuig ook betrokke. Een rower wat te voet gevlug het is deur die polisie ‘n ent daarvandaan vasgetrek.

Volgens ‘n man wat sy dogter by die werk afgelaai het, het hulle die dubbelkajuit voertuig opgemerk wat so half die ingang geblokkeer het. Hy het egter geen onraad vermoed nie.

Speurders en polisie is tans besig om verklarings te neem van die personeel wat betrokke was in die rooftog.

 

CSS, Crime ad

Related Articles

Back to top button