NewsNews

Polisie waarsku oor diefstal van Polo’s

Die polisie waarsku die gemeenskap teen ’n vlaag motordiefstal die afgelope tyd in Potchefstroom. Volgens kapt. Mvula Chaka, polisiewoordvoerder, word veral Volkswagen Polo’s geteiken. Die polisie waarsku die gemeenskap teen ’n vlaag motordiefstal die afgelope tyd in Potchefstroom. Volgens kapt. Mvula Chaka, polisiewoordvoerder, word veral Volkswagen Polo’s geteiken. “Daar is onlangs omtrent elf Polos oor …

policeP_4118633

Die polisie waarsku die gemeenskap teen ’n vlaag motordiefstal die afgelope tyd in Potchefstroom. Volgens kapt. Mvula Chaka, polisiewoordvoerder, word veral Volkswagen Polo’s geteiken.

“Daar is onlangs omtrent elf Polos oor ’n naweek gesteel,” het hy gesê.

Volgens hom word die meeste voertuie in die Bult omgewing gesteel.

“Hoewel dit lyk asof Polos op die oomblik geteiken word, is daar steeds ’n risiko dat ander voertuie ook gesteel kan word,” het hy gesê. Hy het inwoners gemaan om sover as moontlik seker te maak dat hulle voertuie in motorhuise of agter geslote hekke parkeer word en nie in die straat nie.

 

CSS, Crime ad

Related Articles

Back to top button