NewsNews

Kinders se pret gesteel

VANDERBIJLPARK. – Die gewilde speelpark van die Palms Mall in Louis Trichardboulevard het die afgelope naweek deurgeloop toe diewe toegeslaan en die trampoliens gesteel het. Volgens Lesinda Gardiner, bestuurder van die sentrum, kan daar op die CCTV videomateriaal gesien word hoe die booswig omstreeks 00:28 die parkie binnesluip en begin om die springvere van die trampoliens los te maak. Dit het hom twee ure geneem om …

Volgens Lesinda Gardiner, bestuurder van die sentrum, kan daar op die CCTV videomateriaal gesien word hoe die booswig omstreeks 00:28 die parkie binnesluip en begin om die springvere van die trampoliens los te maak.
Dit het hom twee ure geneem om twee van die vier trampoliens se vere los te haak. Hy het omstreeks 02:30 met sy swaar vrag die pad gevat. Die volgende aand is die trampolien wat voor Sportsman Warehouse op dieselfde perseel gestaan het, ook gesteel. Die man het volgens Marius Scholtz, bestuurder van dié kettingwinkel, net die raam gevat en die mat agtergelaat.

Volgens Fanie de Jongh (snr), eienaar van die Palms Mall, gaan hy eers die speelparkie se sekuriteit opskerp voordat hy die trampoliens vervang. Hy gaan die parkie beveilig deur ‘n muur te bou, asook die trampoliens toe te bou en sluithekke aan te bring. Dit sal sowat drie to vier weke neem voor die kinders hul pret op die trampoliens kan voortsit. Die parkie, wat een van die enigste volledige speelparkies vir kinders in die dorp is, is baie gewild. Dit is veral gerieflik vir ouers wat inkopies doen en word ook gebruik vir partytjies. Fanie sê hy gaan hom nie laat onderkry deur dié diefstal nie. “Ons maak maar reg, verbeter en wag vir volgende keer. Ons doen dit vir die kinders,” sê Fanie. Die Palms is nou toegerus met ‘n hoë definisie kamerastelsel en gaan baie beslis diefstal in en om die sentrum beperk. Fanie het ‘n beloning van R2 000 uitgeloof vir inligting en die suksesvolle vervolging van die inbrekers. Enigiemand met meer inligting kan Lesinda Gardiner kontak by 082 335 8252.

Lesinda Gardiner, bestuurder van die Palms Mall hier in die gat waar eens ‘n lekker springplek vir die kinders was. Foto: Jannie du Plessis

Related Articles

Back to top button