NewsNews

Dit word soms ysig koud hier!

Meyerton en omstreke het deur die jare deurgeloop onder uiterste weersomstandighede Mnr. Theunis de Bruin was in 1981 een van die talle boere wat groot veeverliese weens die koue gely het toe dit op sy plaas tussen Vereeniging en Meyerton gesneeu het. Meyerton en omstreke het deur die jare soos vele ander gebiede ook deurgeloop …

Mnr. Theunis de Bruin was in 1981 een van die talle boere wat groot veeverliese weens die koue gely het toe dit op sy plaas tussen Vereeniging en Meyerton gesneeu het.

Meyerton en omstreke het deur die jare soos vele ander gebiede ook deurgeloop onder uiterste weersomstandighede.

September 1981 was een van die koudste maande ooit op die dorp.

Honderde beeste, skape en bokke op omliggende plase is dood nadat die ergste sneeu-neerslae in menseheugenis op Donderdag, 12 September 1981 hier geval het. Die ysige wind wat die volgende dag gewaai het, het waarskynlik die vrektes onder vee verhoog.

Sommige boere het tot soveel as 87 skape en meer as 50 beeste verloor.

Kragonderbrekings het wyd voorgekom en telefoonverbindings was ‘n hele paar dae daarna nog nie herstel nie.

Op 7 Augustus 2012 het die hele Midvaal-gebied wéér onder snerpende weer deurgeloop toe swaar sneeu hier geval het.

 

Foto:

Groot dele van Midvaal was op 7 Augustus 2012 in ‘n spierwit sneeukleed getooi. Dié foto is destyds deur Michele van Rensburg op die Renovatio River Estate langs die Suikerbosrivier geneem.

 

Foto’s onder:

Meyerton is deur die jare nie net deur sneeu getref nie maar ook deur hael gepeper. Dié foto’s is in April 2015 by die Engen-motorhawe na ‘n hewige haelbui geneem.

Berig geborg deur:

Related Articles

Back to top button