NewsNews

Werknemers by Gauteng-gesondheid sit op vloer

Personeel by die hoofkantoor van die provinsiale departement van gesondheid sit op die vloer sonder tafels, stoele en rekenaars na die balju beslag daarop gelê het om sodoende ʼn betaling van R6,2 miljoen vir mediese nalatigheid af te dwing. Gautengse departement van gesondheid So sê Jack Bloom, woordvoerder vir die DA. Die balju het verlede …

Gautengse departement van gesondheid

So sê Jack Bloom, woordvoerder vir die DA.

Die balju het verlede week Donderdag beslag gelê op die meubels van vier verdiepings van die Bank of Lisbon-gebou in die middestad van Johannesburg. Daar is beslag gelê op verskeie items, insluitend 400 tafels, 600 stoele, 400 rekenaars, 200 liasseerkabinette, 50 drukkers, 10 yskaste, 10 mikrogolwe en drie sitkamerstelle.

O Joubert Attorneys, wat namens ʼn kind optree wat breinskade opgedoen het toe sy by Pholosong-hospitaal in Desember 2009 gebore is, het die optrede gebring. Die hof het op 8 Maart vanjaar opdrag gegee dat betaling gedoen moet word, maar die departement het nog nie betaal nie, alhoewel die prokureur ingestem het dat die bedrag in paaiemente betaal kon word, het Bloom verduidelik.

“Dit is ʼn vreeslike ongeregtigheid dat hierdie saak meer as sewe jaar lank geduur het, met verdere lyding vir die kind en haar gesin, en nou wil die departement nog verder uitstel. Ek is geskok dat die departement weer eens ʼn hofbevel geminag het, en dit het nou daartoe gelei dat die balju die meubels moes kom haal en die hoofkantoor se personeel kan nie werk nie,” sê Bloom.

 

“Premier David Makhura moet ingryp en seker maak dat die departement sy finansiële verpligtinge kan nakom en ʼn die pad vorentoe beplan om gehalte gesondheidsdiens te bied met die minimum nalatigheidseise,” het Bloom bygevoeg.

Bron: Times Live

Related Articles

Back to top button