NewsNews

Dr. Isak Burger se nuwe boek bekendgestel

Voorwaar ‘n belegging in jou ewige toekoms, skryf resensent Bernardete de Abreu Brits Bernardete de Abreu Brits van Vanderbijlpark resenseer Dr Isak Burger se nuutste boek, In Gees en In Waarheid: Dr Isak Burger is sekerlik een van mees bekende kerkleiers onder die Afrikaanse Christen gemeenskap in Suid-Afrika. Hy is sedert 1988 president van die AGS …

Bernardete de Abreu Brits van Vanderbijlpark resenseer Dr Isak Burger se nuutste boek, In Gees en In Waarheid:

Dr Isak Burger is sekerlik een van mees bekende kerkleiers onder die Afrikaanse Christen gemeenskap in Suid-Afrika. Hy is sedert 1988 president van die AGS en is telkens herkies totdat hy emeriteer in September 2016.

Isak Burger is een van die stigterslede van Christelike Televisie in Suid-Afrika, tree dikwels op as spreker, en is die outeur en mede-outeur van verskeie boeke en artikels. Voorwaar ‘n besige man met ‘n aansteeklike passie vir die Here, en ‘n onwegneembare respek en liefde vir die Bybel.

In sy nuutste boek, In Gees en In Waarheid, wat vrygestel is in Junie 2017, ondersoek hy die Persoon en werking van die Heilige Gees van Ou Testamentiese tye af tot nou toe. Hy kyk na aspekte soos die Persoon en simbole van die Gees, hoe Hy betrokke was by Jesus se aardse bediening en die vroeë kerk, vervulling en salwing met die Gees, en tekens en gevolge van vervulling met die Gees.

Volgense Isak Burger leef ons in ‘n tyd waarin daar wêreldwyd ‘n uitstorting is van die Gees soos nog nooit tevore nie. Ek haal aan uit die inleiding van In Gees en In Waarheid:

“Die afgelope paar jaar het dit toenemend duidelik geword dat die Gees van die Here met ‘n vernuwende werk in Sy Kerk besig is. Terwyl daar onrusbarende tekens is dat baie tradisionele Pinksterkerke iets van hulle oorspronklike Heilige Gees-belewenis en –erfenis verwaarloos en prysgee, is daar by baie gelowiges vanuit die meer tradisionele kerke ‘n toenemende honger, openheid en soeke na meer van die Heilige Gees.

“Dit is teen hierdie agtergrond wat ek my gedronge gevoel het om hierdie boek te skryf; deels om my mede-Pinkstergenote opnuut te herinner en aan te spoor om ruimte te maak vir die onvergelykbare krag en werking van die Heilige Gees, maar om andersyds ook die groot getalle eerlike en “honger” gelowiges in die meer tradisionele kerke te probeer help en begelei om ‘n outentieke belewenis met die Persoon van die Heilige Gees te hê, en om te lewe en te wandel in die krag van die Heilige Gees.”

Dus is die boek In Gees en In Waarheid bedoel vir elke gelowige wat smag na ‘n outentieke belewenis van die derde Persoon van die Drie-eenheid.

Terwyl Jesus vir ons ‘n plek in die Hemel voorberei, berei die Heilige Gees ons voor vir die plek. Die Heilige Gees het ‘n intense belang daarby dat ons gereed sal wees vir die koms van die Koning. Dit is trouens ‘n belangrike deel van Sy werk in die lewe van die gelowige.

As ek die inhoud van die boek en die passie waarmee dit geskryf is moet opsom in een reël, sal dit die volgende wees: Ons skeep die Heilige Gees af want ons fokus net op Jesus. Lees die boek gerus. Dit is voorwaar ‘n belegging in jou ewige toekoms.

Dr. Isak Burger

Bybelkenner en Christen-resensent Bernardete de Abreu Brits van Vanderbijlpark het Dr Isak Burger se nuwe boek In Gees en In Waarheid geresenseer nadat hy dit onlangs in Drie Riviere, Vereeniging, bekendgestel het. Die boek word deur CUM Boeke uitgegee.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button