NewsNews

Ekonomiese toestande in SA hou moontlik verband met die kommerwekkende toename in geestesongesteldheid in die land

Geestesgesondheid is vinnig besig om MIV/ Vigs verby te steek as die grootste oorsaak van siektes wat mediese hulp vereis in Suid-Afrika, en die VF Plus is van mening dat die land se haglike ekonomiese situasie en gepaardgaande werkloosheid ʼn groot rol hierin speel.   Luidens ʼn onlangse artikel in Biznews wat gegrond is op …

Geestesgesondheid is vinnig besig om MIV/ Vigs verby te steek as die grootste oorsaak van siektes wat mediese hulp vereis in Suid-Afrika, en die VF Plus is van mening dat die land se haglike ekonomiese situasie en gepaardgaande werkloosheid ʼn groot rol hierin speel.

 

Luidens ʼn onlangse artikel in Biznews wat gegrond is op navorsing gedoen deur Discovery Health, het die behandeling van mense met geestesverwante siektes die afgelope vyf jaar met sowat 80% gestyg.

 

Die krisis word vererger deur die uiters gebrekkige geriewe in die onderskeie provinsies om mense met geestessiektes te behandel.

 

Dit blyk dat depressie en ander verwante toestande die grootste deel van die probleem uitmaak, en daar word bereken dat die ekonomiese impak hiervan in terme van produktiwiteit, tans tussen R12- en R16 miljard per jaar beloop.

 

Navorsing van die London School of Economics oor die verskillende faktore wat ʼn effek op mense se lewensgenietinge het, toon aan dat dit veel makliker is om ʼn liefdesteleurstelling of die dood van ʼn geliefde te verwerk as werkverlies (grafika24).

 

Luidens die jongste syfers van Statistieke Suid-Afrika staan die land se gemiddelde werkloosheidsyfer tans op sowat 27% van die totale bevolking. Volgens mnr. Kevin Lings, hoofekonoom van Stanlib, is die werkloosheidskoers onder mense jonger as 25 tans 63,8% (Beeld,15 Februarie 2017).

 

Dit sluit aan by die Wêreld-Ekonomiese Forum wat sê meer as 50% van Suid-Afrikaners tussen die ouderdom van 15 en 24 is werkloos en dat die land op twee na die grootste werkloosheidsyfer ter wêreld het (dievoorblad).

 

Adv. Alberts sê dit is duidelik dat daar ʼn korrelasie is in die toename in werkloosheid en geestessiektes en dit kom daarop neer dat die beleid van die ANC-regering die land en sy mense groot skade berokken.

 

Related Articles

Back to top button