NewsNews

16 Beseer in ongeluk buite VDBP

16 Mense, insluitend kinders, is vanoggend tydens ‘n ongeluk tussen ‘n bakkie en ‘n taxi naby Vanderbijlpark, beseer. Volgens Russel Meiring, woordvoerder vir ER24, het paramedici net voor 08:00 by die toneel aangekom. Provinsiale dienste was toe reeds op die toneel. Die bakkie was  in die middel van die pad geparkeer, terwyl die taxi aan …

Volgens Russel Meiring, woordvoerder vir ER24, het paramedici net voor 08:00 by die toneel aangekom. Provinsiale dienste was toe reeds op die toneel.

Die bakkie was  in die middel van die pad geparkeer, terwyl die taxi aan die kant van die pad tot stilstand gekom het.

Meiring sê meeste van die insittendes was kinders wat op pad was skool toe.

Pasiënte is op toneel vir hul beserings behandel, waarna hulle na verskeie provinsiale hospitale vir verdere behandeling geneem is. 

Die voorval word ondersoek.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button