NewsNews

Rus in vrede Helga

Vanoggend was haar plekkie só leeg. Só leeg in soveel harte wat die sonskyn-lag van Helga Prinsloo nooit sal vergeet nie. Helga (39), uitvoerende beampte en lid van die Beefmaster Telersgenootskap se dagbestuur, is gister, Woensdag 23 Augustus in ’n motorongeluk oorlede. Die ongeluk was net buite Vrede. Sy was saam met ’n kollega, Elaine …

Vanoggend was haar plekkie só leeg. Só leeg in soveel harte wat die sonskyn-lag van Helga Prinsloo nooit sal vergeet nie.
Helga (39), uitvoerende beampte en lid van die Beefmaster Telersgenootskap se dagbestuur, is gister, Woensdag 23 Augustus in ’n motorongeluk oorlede. Die ongeluk was net buite Vrede.
Sy was saam met ’n kollega, Elaine Lancaster, onderweg na ’n veiling toe die Fortuner waarin hulle gery het, klaarblyklik gegly en toe ’n grondwal getref en omgeslaan het. Helga het bestuur en het nog ’n rukkie na die ongeluk geleef en met Elaine gepraat. Sy is egter op die toneel oorlede.
Haar beserings was net té kritiek met vermoedelik ’n  gebreekte nek. Elaine het ligte beserings opgedoen.
Volgens Jan Schoeman, president van Beefmaster SA, het Helga 11 jaar vir Beefmaster SA se hoofkantoor in Parys gewerk en was sy die kantoorbestuurder. Sy en Elaine sou Woensdag ’n veiling van ’n stoetteler naby Vrede besoek het.
’n Baie hartseer Schoeman het gesê dat Helga altyd bereid was om die ektra myl te loop vir elkeen wat haar pad gekruis het. Sy was ’n  harde werker,
vriendelik en bekwaam, en het altyd tyd vir almal gemaak. Boere met wie sy saamgewerk het vir die talle veilings wat sy gereël het, het baie respek vir haar gehad.
“Ons gaan hierdie sprankel vrou geweldig mis.”
Hy het sy innige simpatie betuig aan haar man, Christo, die kinders, familie en vriende. “Ons harte gaan uit na julle.”
Sedert die skoknuus gistermiddag bekend geword het, het talle boodskappe van opregte medelye op Facebook ingestroom. Vriende, kollegas – in wie se lewens sy ’n ware sonskynmens was. Iemand met ’n  hart vir ander, wat altyd gelag het, geleef het vir haar man en kinders, altyd daar was vir hulle wat naby aan haar was -’n  formidabele en stylvolle vrou wat die positiewe in alles kon sien.
Haar man en haar kinders was haar alles, en in haar wye vriendekring het sy gestraal waar sy ookal gegaan het.
Rus in vrede Helga – Parys, sy mense, jou kollegas, gesin en die kanoklub – almal wat jou so liefgehad het, sal jou ongelooflik baie mis.
Helga word oorleef deur Christo, hul kinders Nicolas (14), Jo-Ané (13) en Wian (5), asook haar ma, Susan, familie en talle vriende.
Die begrafnisreëlings is nog nie bekend nie.

Related Articles

Back to top button