NewsNews

Nuwe nuus oor bussie en verdwene bestuurder

Verskeie gerugte oor Laerskool Vaalrivier se gesteelde bussie en die verdwene busbestuurder doen die rondte op sosiale media. Mnr. Braam Botha, wat die bussie glo laaste bestuur het, kan die polisie moontlik help met inligting oor wat regtig gebeur het. Retha Fitchat VANDERBIJLPARK. – Die Laerskool Vaalrivier se verdwene skoolbussie is inderdaad gevind. Die polisie …

Mnr. Braam Botha, wat die bussie glo laaste bestuur het, kan die polisie moontlik help met inligting oor wat regtig gebeur het.

Retha Fitchat

VANDERBIJLPARK. – Die Laerskool Vaalrivier se verdwene skoolbussie is inderdaad gevind. Die polisie het dit voor ‘n kollege in Kempton Park aangetref – sonder sleutel en sonder die bestuurder.

Anders as wat gerugte dit wil hê, is die bussie nie baie erg verniel nie en die enjin is nie uitgehaal nie. Selfs die nommerplate is nie eers verander nie. Dit is ook nie swart gespuitverf soos sommige gerugte gelui het nie. Die Valie-bussie is steeds sy ou kleur en spog ook steeds met sy Valie-kenteken aan die kant.

Nadat dit in Kempton Park gevind is, is die bussie na die polisiestasie in Benoni geneem, waar Laerskool Vaalrivier se skoolhoof, mnr. Henru Read, dit moes gaan uitken. Mnr. Read het vandag aan Vaalweekblad gesê die bussie staan steeds daar totdat die skade deur ‘n assessor bepaal kon word en ander administratiewe sake afgehandel is. Die slotte moet ook vervang word voordat die bussie na Vanderbijlpark teruggebring kan word.

Die busbestuurder, mnr. Braam Botha, is steeds skoonveld. Die polisie se soektog na hom duur voort.

 

Related Articles

Back to top button