NewsNews

Koepel Koorfees beloof weer groot talent

Liefhebbers van goeie musiek kan uitsien na ’n fees van koorsang en instrumentale musiek wat op Vrydag 8 September by die NG gemeente Vredefort aangebied word. Die jaarlikse kermis en koorfees van die NG gemeente Vredefort en Chris van Niekerk skool begin om 09:00 die oggend. Dit is reeds die sewende jaar dat die fees …

Liefhebbers van goeie musiek kan uitsien na ’n fees van koorsang en instrumentale musiek wat op Vrydag 8 September by die NG gemeente Vredefort aangebied word.
Die jaarlikse kermis en koorfees van die NG gemeente Vredefort en Chris van Niekerk skool begin om 09:00 die oggend. Dit is reeds die sewende jaar dat die fees aangebied word.
Lekkerbekke kan in die kerksaal smul aan die lekkernye wat deur die gemeente se baasbaksters voorberei word, en vinnig iets skandelik, liplekker en ongehoord vir ontbyt eet saam met ‘n koppie koffie. Daarna kan in die kerkgebou self geluister word na die sang van baie talentvolle kore van Parys, Vredefort, Kroonstad, Potchefstroom en die Vaaldriehoek. Hoër- en laerskoolkore, revuegroepe en instrumentale ensembles sal optree.
Toegang vir die koorfees  is R10 per persoon.Vir die kinders is daar die dag ook boeresport, skyfskiet, “bokdrolspoeg”, donkiekarritte en eetgoed te koop op die kerkterrein.
Chris van Niekerk Skool se ATKV-tak, Koepel Woema, is pas vereer met ’n  ATKV toekenning vir Nasiebou. Dié toekenning is gemaak na aanleiding van die sukses van die koorfees!
Daar is plek vir nog een of twee kore / groepe wat wil deelneem. Skakel 082 565 1085 vir meer inlgting.

Related Articles

Back to top button