NewsNews

Voëlklub besoek Marievale-voëlreservaat

Feathers Voëlklub gaan op Donderdag 31 Augustus die Marievale-voëlreservaat naby Nigel besoek. Die Marievale Bird Sanctuary is geleë aan die suidelike deel van die Blesbokspruit RAMSAR-gebied, ’n gebied wat ook ’n toegewysde sogenaamde Important Bird Area in Suid-Afrika is (IBA SA021). Sien ook https://www.nigel.co.za/marievale/. Dit is die eerste keer dat die klub die gebied gaan …

Feathers Voëlklub gaan op Donderdag 31 Augustus die Marievale-voëlreservaat naby Nigel besoek. Die Marievale Bird Sanctuary is geleë aan die suidelike deel van die Blesbokspruit RAMSAR-gebied, ’n gebied wat ook ’n toegewysde sogenaamde Important Bird Area in Suid-Afrika is (IBA SA021). Sien ook https://www.nigel.co.za/marievale/.
Dit is die eerste keer dat die klub die gebied gaan besoek, wat dit ’n besondere geleentheid maak vir klublede en belangstellendes om te sien watter voëls daar is. Daar is heelwat inligting oor die gebied op die internet beskikbaar. Een daarvan is https://www.photodestination.co.za/marievale-bird-sanctuary.html.
Alle belangstellendes is welkom om saam te gaan. Die groep kom by die PnP-parkeerterrein bymekaar vanwaar hul om 06:00 sal vertrek. Marievale is ongeveer 140 kilo’s vanaf Parys. Bring verkykers, hoede, stoele en piekniekmandjies saam en moenie die goggaroom vergeet nie.
Aangesien die uitstappie die grootste deel van die dag in beslag sal neem, sal daar nie die aand ’n klubbyeenkoms wees nie.
Skakel vir Peter Killian by 056 817 6031 / 083 625 8100 vir meer inligting oor die klub, byeenkomste en uitstappies.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button