NewsNews

Waar nou met dronkbestuurders?

Die Potchefstroom Hospitaal het onlangs ’n kennisgewing aangebring wat sê dat hulle nie meer bloed van dronkbestuurders gaan trek nie. illustration photo Die Potchefstroom Hospitaal het onlangs ’n kennisgewing aangebring wat sê dat hulle nie meer bloed van dronkbestuurders gaan trek nie. Die rede volgens die kennisgewing, is dat dokters en verpleegsters in die ongevalle-eenheid …

illustration photo

Die Potchefstroom Hospitaal het onlangs ’n kennisgewing aangebring wat sê dat hulle nie meer bloed van dronkbestuurders gaan trek nie.
Die rede volgens die kennisgewing, is dat dokters en verpleegsters in die ongevalle-eenheid te besig is om na pasiënte om te sien wat kritiek beseer is, om nog tyd af te staan om bloed van dronkbestuurders te trek.
Volgens dr. Semakula, hoof van die ongevalle-eenheid, vra die hospitaal nie verskoning vir dié besluit nie.
“Daar is al in 2014 met verskeie rolspelers van die munisipaliteit en die polisie vergaderings gehou, waar almal saam besluit het dat die hospitaal nie meer dié funksie kan verrig nie. Ons is bloot te besig met belangriker werk,” het hy gesê.
Volgens hom kan dronkbestuurders na klinieke geneem word waar bloed getrek kan word.
Volgens William Maphosa, munisipale woordvoerder, is die munisipaliteit tans besig om met verskeie privaat maatskappye te onderhandel om verpleegsters beskikbaar te stel sodat hulle in die toekoms aangewend kan word om bloed te trek.
Oor waarom drie jaar reeds verstryk het sedert die besluit in 2014 geneem is, sê Maphosa dat die trek van bloed steeds die werk van die departement van gesondheid is en dat die munisipaliteit net probeer help.
Volgens hom help die hospitaal steeds wanneer daar groot padblokkades is, of wanneer mense in hegtenis geneem word.
dr. Semakula het dit egter duidelik gemaak dat die hospitaal nie meer die funksie verrig nie.
Teen druktyd kon Maphosa nie die vraag beantwoord oor waarheen dronkbestuurders tans geneem word vir die trek van bloed nie.
Hy sê die munisipaliteit bespoedig die proses om alternatiewe te vind en hanteer dit as ’n baie dringende saak.

  AUTHOR

Dustin Wetdewich
Journalist

Related Articles

Back to top button