NewsNews

NWU sokkerwedstryd geskuif oor Volkslied kwessie

Die NWU se Mafikengkampus het verlede week een van hulle tuiswedstryde van die Varsity Sokkertoernooi in Potchefstroom gespeel. nwu Die NWU se Mafikengkampus het verlede week een van hulle tuiswedstryde van die Varsity Sokkertoernooi in Potchefstroom gespeel. Dit nadat ’n gedeelte van die skare tydens ’n vorige wedstryd in Mafikeng geweier het om die Volkslied …

nwu

Die NWU se Mafikengkampus het verlede week een van hulle tuiswedstryde van die Varsity Sokkertoernooi in Potchefstroom gespeel.
Dit nadat ’n gedeelte van die skare tydens ’n vorige wedstryd in Mafikeng geweier het om die Volkslied te sing, maar eerder gekies het om “struggle” liedjies te sing.
“Dit was ’n groot verleentheid om sulke gedrag te sien in die teenwoordigheid van besoekers, en boonop die miljoene mense wat dit op televisie gesien het,” het prof. Dan Kgwadi, visekanselier van die Noordwes-Universiteit in ’n verklaring gesê.
Volgens Louis Jacobs, woordvoerder van die NWU, is daar saam met Varsity sokker besluit om die volgende wedstryd wat op 10 Augustus plaasgevind het, na Potchefstroom toe te skuif.
“’n Ondersoek is ook aan die gang teen die studente wat geïdentifiseer kon word, na bewering verantwoordelik te wees vir die voorval,” het hy gesê.
“Geen belangegroepe, studente ingesluit, sal toegelaat word om die reputasie van die universiteit te verontagsaam deur sulke disrespek aan die Volkslied te toon nie,” het Kgwadi gesê.
Volgens Jacobs vind die wedstryd wat vir 24 Augustus geskeduleer is, weer in Mafikeng plaas.

 

Studente van dié kampus het sterk reageer op hulle Facebookblad.

Kelebamang Wa Ga Mokgupi I personally don’t sing the last two verses of our national anthem because it is Die Stem van Suid Afrika. An apartheid anthem!
Tumelo Jiggylakebob Malebelela Punishing the silent majority. Let this be a punishment for the mistake that happened, however…may you equally have mercy on the students wena VC, especially those who just wants to rally behind the boys…May we please be allowed to host our next coming game (after this one of course) Nxae wena VC
Ofentse Desmond Baepane If we could only do a bit of self introspection, we seem to have forgotten all the basics. You don’t mess with the Country’s National Anthem just to settle your scores.
Tlotlo Ngwana Okae Modupe Die Stem es nie our National Anthem. kgwadi you can’t force us to sing it chief.
Kokeletso Glory Some of us sang those parts. So we gonna be punished for other people’s bad behavior?
Victor Sejane Let’s show respect – respect for the right of the individual not to sing the national anthem.

  AUTHOR

Dustin Wetdewich
Journalist

Related Articles

Back to top button