NewsNews

140 kg se dwelms van die straat af

Die polisie het Sondagoggend, 13 Augustus omstreeks 08:00 op ongeveer 140 kilogram dagga en duisende rand kontant beslag gelê in Potchefstroomdag. Die polisie het Sondagoggend, 13 Augustus omstreeks 08:00 op ongeveer 140 kilogram dagga en duisende rand kontant beslag gelê. Twee buitelanders is op dieselfde dag in hegtenis geneem op aanklag van die besit van …

Die polisie het Sondagoggend, 13 Augustus omstreeks 08:00 op ongeveer 140 kilogram dagga en duisende rand kontant beslag gelê.
Twee buitelanders is op dieselfde dag in hegtenis geneem op aanklag van die besit van onwettige dwelms.


Volgens ao. Mpho Manyoba, polisiewoordvoerder, is die beraamde straatwaarde van die dwelms sowat R500 000. Volgens haar het die polisie omstreeks 07:30 inligting ontvang dat die voertuig met die dwelms deur Potchefstroom gaan beweeg. Die N12 is dopgehou vir ’n grys bakkie. Hulle het die voertuig omstreeks 08:00 gesien en voorgekeer.
“Die voertuig is deursoek, waartydens hulle op die dagga en kontant afgekom het,” vertel Manyoba.
Die twee verdagtes, onderskeidelik 30 en 40 jaar oud, het glo vir die polisie gesê dat hulle van Johannesburg af onderweg was na Kaapstad.
Volgens Manyoba kan daar dalk nog klagtes bygevoeg wat te doen het met die kontant wat in hulle besit gevind is. Die twee verdagtes het Woensdag in die landdroshof in Potchefstroom verskyn.

CSS, Crime ad

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button