NewsNews

Polisie slaan weer toe op net-hengelaars in Vaalrivier

Onwettige visvang met nette is geen nuwe verskynsel nie, en is dit landwyd ’n  groot probleem wat ernstige kommer wek. Tans is die Vaaldam en Vaalrivier een van die grootste probleme. Juis daarom het die SAPD se Vaalrand Water Police & Diving Services met die hulp van onder meer vrywilligers van We Care, Vrydag weer …

Onwettige visvang met nette is geen nuwe verskynsel nie, en is dit landwyd ’n  groot probleem wat ernstige kommer wek. Tans is die Vaaldam en Vaalrivier een van die grootste probleme.
Juis daarom het die SAPD se Vaalrand Water Police & Diving Services met die hulp van onder meer vrywilligers van We Care, Vrydag weer hier ’n  operasie geloods om toe te slaan op onwettige nette in die rivier.  Volgens ao. Vicky Swart van die Vaalrand-eenheid, is meer as 20 onwettige nette Vrydag hier uitgehaal en by die Parys-polisiestasie ingehandig.
Dikwels is dié nette nie opsigtelik nie. Dit word van die een kant van die rivier na die ander kant gespan en baie strategies vasgemaak. Wanneer dit donker en stil is word die nette uitgetrek. Die wet bepaal egter dat dié manier van visvang onwettig is sonder ‘n permit. Verskeie operasies is reeds hier, maar ook in die Vaaldriehoek geloods om hierdie onwettige hengel die hok te slaan. Mense kan hierdie onwettige hengel rapporteer by die plaaslike polisiestasie of Vaalrand-eenheid by 079 886 3604

Ao. Vickie Swart op die Vaalrivier waar lede van die SAPD se Vaalrand Water Police & Diving Services met die hulp van We Care vrywilligers onwettige nette uit die Vaalrivier gehaal het. Inlasfoto: So lyk van die onwettige nette.

 

CSS, Crime ad

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button