NewsNews

Nuutste oor skoolbus en drywer

   VANDERBIJLPARK. – Die Laerskool Vaalrivier se kommer oor hul sportorganiseerder, wat die afgelope naweek spoorloos saam met die skoolbussie verdwyn het, is besig om oor te gaan in totale verwarring, skok en ongeloof.   Talle mense het Saterdag gevrees dat mnr. Braam Botha (46) en die bussie gekaap en sy lewe in gevaar is, …

 

 VANDERBIJLPARK. – Die Laerskool Vaalrivier se kommer oor hul sportorganiseerder, wat die afgelope naweek spoorloos saam met die skoolbussie verdwyn het, is besig om oor te gaan in totale verwarring, skok en ongeloof.

 

Talle mense het Saterdag gevrees dat mnr. Braam Botha (46) en die bussie gekaap en sy lewe in gevaar is, maar dit blyk nou dat ‘n ingewikkelde netwerk van bedrog moontlik by die verdwyning van mnr. Botha en die bussie betrokke kan wees.

 

Leerlinge en personeel het hul “Valie-bussie”, ‘n nuwe MB Sprinter, Vrydagmiddag omstreeks 16:00 die laaste keer gesien toe mnr. Botha die skool se landloopatlete vanaf Hoërskool Suiderlig na Laerskool Vaalrivier se skoolterrein teruggebring het. Botha was veronderstel om die bussie daarna op sy normale staanplek te gaan parkeer.

 

Die skoolhoof, mnr. Henru Read, het eers Saterdagmiddag onraad vermoed toe Oscars, ‘n handelaar in die omgewing, by hom navraag gedoen het oor die betaling van 80 hamburgers en 20 worsbroodjies wat Saterdag by hulle bestel en opgelaai is. Oscars het aanvaar dat dit vir ‘n sportspan van die skool was wat met die bussie sou ry.

 

Mnr Read het dadelik geweet daar is ‘n slang in die gras. Hy is vinnig na Oscars om ondersoek in te stel en het Botha onmiddellik op die handelaar se geslotekring TV-opname herken, waar hy die voorbereide voedsel Saterdagoggend bestel het. Die bussie, die kos sowel as Botha het sedertdien soos groot spelde verdwyn.

 

Volgens mnr. Read is Botha die afgelope sowat twee maande as vrywillige rugby- en atletiekafrigter en informele bemarker by die skool betrokke. Terwyl daar gewag is op die koms van die nuwe adjunkhoof, was Botha op ‘n maand-tot-maand basis betrokke maar nooit amptelik in die skool se diens nie.

 

Hy het geen akademiese take verrig of klasse aangebied nie, maar aangesien die skool min manlike personeel het, was die ekstra paar hande van dié vriendelike en innemende man baie welkom.Dit blyk egter nou dat verskeie polisiestasies na ‘n man wat aan Botha se beskrywing voldoen, op soek is en dat die persoon glo voorheen reeds op grond van diefstalklagte gearresteer is.

 

“Hoewel hy effens geheimsinnig was oor sy gesin en familie, was hy nog altyd net aangenaam en vriendelik teenoor almal. Hy het’n gawe glimlag en het in die kort tyd wat hy hier was, reeds ‘n hele paar vriende gemaak en onder ‘n mens se vel begin inkruip,” sê ‘n ma.

 

Die polisie ondersoek ‘n klag van diefstal. Daar is steeds geen teken van die bussie of Botha nie.

 

 

 

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button