NewsNews

’n Hele 1,2 ton se kos vir mini’s

’n Hele 1,2 ton kos. Dit is wat die 10-jarige Deandré  Pieterse van Parys reeds op haar eie ingesamel het vir die plaaslike DBV-tak. Sy gaan nog katkos skenk wat sy gaan aankoop en dan is haar mini-projek vir die DBV vir eers klaar. Sy het Maandag die laaste hondekos wat ingesamel is, by die …

’n Hele 1,2 ton kos. Dit is wat die 10-jarige Deandré  Pieterse van Parys reeds op haar eie ingesamel het vir die plaaslike DBV-tak.
Sy gaan nog katkos skenk wat sy gaan aankoop en dan is haar mini-projek vir die DBV vir eers klaar. Sy het Maandag die laaste hondekos wat ingesamel is, by die DBV gaan aflaai.
Gazette het vroeër berig van Deandré se inisiatief waarmee sy die Checkers mini-kruideniersware-items wat sy bymekaar gemaak het, ruil vir 1 kg se honde- of katkos.
Sy skenk die kos dan aan die DBV. Vir die afgelope drie weke was Deandré op haar pos met haar mini’s by die Brak-en-braai stalletjie langs Parys se hoofstraat naby die Grensstraat vierrigting-kruising by die Vredefort-ingang na die dorp, en dit net om viervoete in nood te help.
Die DBV is suiwer afhanklik van skenkings om sy deure oop te hou, en het Deandré gewys watter groot verskil selfs ’n kind kan maak.
Al wat nodig was, was ’n entrepreneurs-oog en ’n wil om iets te doen vir ander.

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button