NewsNews

Jy agter die masker – nou is ek bevry van jou

‘n Vrou wat jare lank onder die vuiste van haar wrede man deurgeloop het, het hierdie bydrae spesiaal vir Vroudedag, wat verlede week op 9 Augustus gevier is, geskryf en om ander vroue in dieselfde posisie hoop te gee dat hulle daaruit kan losbreek: Illustrasiefoto   ‘n Vrou wat jare lank onder die vuiste van …

Illustrasiefoto

 

‘n Vrou wat jare lank onder die vuiste van haar wrede man deurgeloop het, het hierdie bydrae spesiaal vir Vroudedag, wat verlede week op 9 Augustus gevier is, geskryf en om ander vroue in dieselfde posisie hoop te gee dat hulle daaruit kan losbreek:

Die dag wat my pa jou gesê het: “O, dit is jy wat my dogter van ons af weghou, moes ek geweet het. Ek wens ek het nooit daardie Sondagmiddag buite my woonstel gestaan nie. Ek het in jou web ingeval, jou web van leuens en selfbejammering.

Ek was die prooi en jy die spinnekop, jy het my kop en hart vergiftig met jou swartgalligheid, jou bitter siel, jou lelike hart.

Almal het my gewaarsku teen jou, maar ek wou nie luister nie. Jy het my so beïnvloed en voor ek geweet het, was ek deel van jou siek lewe.

Ek kan nie eers tel hoeveel keer jy jou hande vir my gelig het nie. Jy het my onskuld gesteel. Hoeveel keer het jy my rondgeruk en gepluk, hoeveel keer het jy my op die vloer neergegooi, my gestamp, gevloek, geskel, my gegooi met kos, my gespoeg, my verneder. Asof dit nie erg genoeg was nie, het jy my nog verneuk ook, jy het ‘n deel van my doodgemaak.

Ek het aande verbygeskreeu, gesmeek vir hulp wanneer jy my gewurg het, my versmoor het, my gedwing het om dinge teen my wil te doen. Jy het my toegesluit in daai woonstel, my sleutels, my foon van my af weggevat, ek moes soveel keer die blou kolle wegsteek of daaroor jok. Jy het gemaak of jy so perfek was, jy sal seker altyd ‘n meester-manipuleerder wees. Jy het nie net my gedreig nie, maar jy het geweet wie en wat my die naaste aan my hart lê. Dis hoe ek so lank in jou kloue gebly het. Ek het hoeveel keer vir jou ma gesê en sy het niks daaraan gedoen nie. Dis miskien hoekom jy so is.

Die dag toe die Here my genoeg krag gegee het om van jou af weg te kom, het julle my blameer, my naam swartgesmeer met leuens. Jy is ‘n monster. Mag almal, insluitend jy, dit eendag besef.

Daar het darem één goeie ding uit ons huwelik gekom. Ek het jou wonderlike pa leer ken vir wie ek baie lief was, vir wie jy so sleg behandel het.

Vandag is ek gelukkig getroud met my sielsgenoot wat soveel respek vir my het, wat lief is vir my ouers soos sy eie. Ek het nou alles wat jy nooit vir my sou kon gee nie. Die Here het my geseën met ‘n pragtige klein dogtertjie en wanneer dinge te veel raak, kyk ek net in haar oë en ek weet dat dit is wat die Here eintlik vir my beplan het.

Ek weet dat daar ‘n vrou daar buite is wat deur dieselfde goed gaan. Ek wil vir jou sê: hardloop! So vinnig soos wat jy kan! Sulke mans verander nooit nie. Jy kan dit doen, die pad is lank en moeilik, maar die lig aan die anderkant is asemrowend. ‘n Psigopaat sal nooit, ooit kan verander nie. En aan jou wat al die dade pleeg: Jy gaan eendag voor die Here moet staan. Onthou dit.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button