NewsNews

Geen verband tussen moorde word ondersoek nie

Die lyk van ‘n man tussen die ouderdom van 30 en 35 is gisteraand(15 Augustus) omstreeks 20:00 op die Enselspruitpad gevind. Illustration photo Die lyk van ‘n man tussen die ouderdom van 30 en 35 is gisteraand(15 Augustus) omstreeks 20:00 op die Enselspruitpad buite Potchefstroom gevind. Volgens sers. Kelebogile Moleko, polisiewoordvoerder, is die Buffelshoek polisie besig om …

police,saps

Illustration photo

Die lyk van ‘n man tussen die ouderdom van 30 en 35 is gisteraand(15 Augustus) omstreeks 20:00 op die Enselspruitpad buite Potchefstroom gevind.

Volgens sers. Kelebogile Moleko, polisiewoordvoerder, is die Buffelshoek polisie besig om ‘n saak van moord te ondersoek.

“Dit blyk dat die oorledene, wie nog onbekend is, dood is aan ‘n skietwond in die maag,” het Moleko gesê.

Verlede maand het die Herald berig oor twee lyke wat in die omliggende area gevind is met skietwonde in albei se koppe. Beide slagoffers is, is ook nog nie identifiseer nie.

Volgens Moleko word daar nog nie ‘n verband tussen die twee moorde ondersoek nie.

“‘n Doodsondersoek moet nog gedoen word,” het sy gesê.

CSS, Crime ad

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button