NewsNews

Boelies laat ‘eina-letsels’

As deel van die Parys Primêre skool se Anti-Boelieweek-program, het die bekende spreker Rodney Seale, asook past. Rinus van Sandwyk met die skool se leerlinge, onderwysers en ouers gesels. Past. Rinus het met die graad R en grondslagfase leerlinge ’n  gesprek gehad, terwyl Rodney met die ander leerlinge gepraat het – eers met die dogters …

As deel van die Parys Primêre skool se Anti-Boelieweek-program, het die bekende spreker Rodney Seale, asook past. Rinus van Sandwyk met die skool se leerlinge, onderwysers en ouers gesels.
Past. Rinus het met die graad R en grondslagfase leerlinge ’n  gesprek gehad, terwyl Rodney met die ander leerlinge gepraat het – eers met die dogters en seuns afsonderlik, en daarna gesamentlik.
Daar is aan die kinders verduidelik wat presies boelie-gedrag is en hoekom dit verkeerd is. Ook wat die effek van boelie-gedrag op ’n maatjie is.
Elke leerling het ’n skoon, gladde, wit vel papier gekry wat jou hart voorstel. Elkeen moes dan sy/haar papier frommel, slegsê en selfs daarop trap.
Toe hulle klaar was, is die leerlinge gevra om elkeen die papier om verskoning te vra. Maar toe die papier weer oopgevou is, was die kreukels steeds daar – verskonings ten spyt. Aan die hand van hierdie simboliek is verduidelik hoe boelie-gedrag ’n blywende merk op ’n  maat laat. Mense se harte kry baie seer en kan woorde en dade nie sommer ongedaan gemaak word nie, al vra jy verskoning. Dit laat ’n blywende eina-letsel.
Dan was daar ook die voorbeeld van die   mandjie wat ’n  klein seuntjie moes vashou. Die seuntjie het die mandjie vol klippe gegooi. Elke klip verteenwoordig ’n lelike of boelie daad. Later was die mandjie so swaar dat die seuntjie nie meer kon vashou nie, en het die bodem van die mandjie gebreek.
Boeliegedragis beslis nie nodig om “cool” te wees nie,  is die versekering gegee. Juis daarom het elke onderwyser ook die geleentheid gehad om te sê wat hulle beskou as ’n  “cool” kind. Hiermee is die fokus geplaas op mooi en goeie karaktereienskappe.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button