NewsNews

Bejaarde egpaar in hospitaal na wrede aanval

ʼn Bejaarde egpaar is Donderdagoggend kaal uitgetrek, aangerand en met kookwater en warm olie gebrand tydens ʼn aanval op ʼn kleinhoewe buite Potchefstroom. Kapt. Mvula Chaka, woordvoerder van die Potchefstroom-polisie, het aan Maroela Media gesê die egpaar is omstreeks 07:30 op ʼn kleinhoewe in die Haaskraal-omgewing oorval. Twee jong mans het onregmatige toegang tot die …

Kapt. Mvula Chaka, woordvoerder van die Potchefstroom-polisie, het aan Maroela Media gesê die egpaar is omstreeks 07:30 op ʼn kleinhoewe in die Haaskraal-omgewing oorval.

Twee jong mans het onregmatige toegang tot die perseel verkry en buite gewag tot iemand die agterdeur oopmaak wat gesluit was.

 

Die 75-jarige man het deur later oopgemaak waarna hulle hom oorval en met ‘n mes in sy regterhand gesteek het. Hulle het hom in die huis gedwing waar hulle sy 74-jarige vrou aangetref het.

Die egpaar is tydens die aanval kaal uitgetrek waarna die mans olie en water gekook het en dit oor die egpaar uitgegooi het. Hulle het ook plastiek aan die brand gesteek en op hulle gedrup. Die mans het aangdring op kontant, maar die egpaar het nie kontat gehad nie.

Die verdagtes het met ‘n rewolwer, wat in die kluis was, en ‘n selfoon op vlug geslaan.

Die egpaar is in ‘n bedenklike toestand in die hospitaal opgeneem.

Die voorval word ondersoek.

 

CSS, Crime ad

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button