NewsNews

Skool is geen oorlogsone, sê departement

“Hierdie moet ’n  sterk boodskap uitstuur dat ons skole nie oorlogsones is nie, maar leersentrums.” Só het die woordvoerder van die Vrystaatse Onderwysdepartement, mnr. Howard Ndaba, vanoggend gesê met verwysing na ’n  voorval by die Hoërskool Parys Maandagoggend 14 Augustus, toe ’n  onderonsie tussen twee leerlinge handuit geruk het terwyl leerlinge besig was om te …

“Hierdie moet ’n  sterk boodskap uitstuur dat ons skole nie oorlogsones is nie, maar leersentrums.” Só het die woordvoerder van die Vrystaatse Onderwysdepartement, mnr. Howard Ndaba, vanoggend gesê met verwysing na ’n  voorval by die Hoërskool Parys Maandagoggend 14 Augustus, toe ’n  onderonsie tussen twee leerlinge handuit geruk het terwyl leerlinge besig was om te wissel nadat die periode reeds verby was.
Ndaba het bevestig dat een van die seuns wat by die voorval betrokke was intussen vir vyf dae geskors is totdat hy op Woensdag 23 Augustus voor die skool se dissiplinêre komitee sal verskyn.
Ndaba het ook gesê dat die seun se ouers  dienooreenkomstig ingelig is. Hy het alle leerlinge gevra om hulle te weerhou van onbehoorlike gedrag op die skoolterrein
’n  Videogreep oor die voorval tussen die twee graad 9 seuns het die afgelope twee dae baie wye reaksie op Facebook ontketen.
Die skool en die onderwysdepartement sien die voorval in ’n  baie ernstige lig, is gesê.
Die skoolhoof, mnr. Lucien van Zyl, het Dinsdag aan Gazette bevestig dat die voorval nie enigsins rasverwant was nie.
Die voorval is ook op die skool se geslote baan kringtelevisie beeldmateriaal, en sal die skool optree in lyn met sy dissiplinêre proses en dissiplinêre kode.
Van Zyl het Dinsdag  gesê dat dié tipe voorvalle nie deur die skool geduld sal word nie.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button