NewsNews

Plaasaanval: Bejaarde met bottel geslaan

DIe 77-jarige mnr. John Gordon was teen vanoggend nog in die Mediclinic Potchefstroom maar sal na verwagting dalk later vandag ontslaan word ná ’n  plaasaanval op die plaas Leeudorings langs die R59 in die Vredefort-distrik. Die aanval was gisteraand, Dinsdag 15 Augustus. Mnr. Gordon het ’n snye agter sy kop, ken, lip, en ook op …

DIe 77-jarige mnr. John Gordon was teen vanoggend nog in die Mediclinic Potchefstroom maar sal na verwagting dalk later vandag ontslaan word ná ’n  plaasaanval op die plaas Leeudorings langs die R59 in die Vredefort-distrik. Die aanval was gisteraand, Dinsdag 15 Augustus.
Mnr. Gordon het ’n snye agter sy kop, ken, lip, en ook op sy arm nadat hy deur sy aanvaller met ’n bottel geslaan is.
Daar is eers by een van die huise op die plaas ingebreek waarna die veld aan die brand gesteek is. Toe mnr. Gordon gaan ondersoek instel het, is hy aangeval.
Die verdagte het te voet gevlug en is steeds soek. Die gesteelde goedere is egter reeds teruggekry waaronder ’n  televisie, gasstoof, gasbottel, mikrogolfoond en ander huishoudelike ware.
Die polisie ondersoek ’n  klag van huisbraak en diefstal, aanranding met die opset om ernstig te beseer en ’n  klag van veld wat nalatig aan die brand gesteek is.

CSS, Crime ad

 

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button