NewsNews

Dissiplinêre verhoor kom ná klaskamer-voorval

’n Onderonsie wat handuit geruk het tussen twee graad 9 seuns in die Geografie-klaskamer Maandag by die Hoërskool Parys, word in ’n baie ernstige lig deur die skool beskou, en sal aan die Departement van Onderwys se distrikskantoor gerapporteer word soos gebruiklik, sê die skool. ’n Videogreep van die voorval het Maandag op Facebook wye …

’n Onderonsie wat handuit geruk het tussen twee graad 9 seuns in die Geografie-klaskamer Maandag by die Hoërskool Parys, word in ’n baie ernstige lig deur die skool beskou, en sal aan die Departement van Onderwys se distrikskantoor gerapporteer word soos gebruiklik, sê die skool.
’n Videogreep van die voorval het Maandag op Facebook wye kommentaar ontlok, en was dit duidelik dat die voorval ook in die gemeenskap as ernstig beskou is.
Volgens die skoolhoof, mnr. Lucien van Zyl, is die voorval nie enigsins ras verwant nie, maar wel ’n onderonsie tussen die twee seuns wat ontstaan het toe die leerlinge begin wissel het nadat die periode reeds verby was.
Van Zyl het gesê dat die skool baie ernstig sal optree en dat die saak reeds na die skool se dissiplinêre komitee verwys is deur hom, in samehang met die skool se interne dissiplinêre beampte, mnr. Johan Aspeling asook die Beheerliggaam.
Die voorval is op die skool se geslote baan kringtelevisie beeldmateriaal, en sê Van Zyl dat opgetree sal word in lyn met die skool se dissiplinêre proses en dissiplinêre kode.
In lyn met die dissiplinêre proses sal ’n dissiplinêre verhoor noodwendig volg, en sou enigeen van die kinders skuldig bevind word, sal daar ’n straf sanksie of straf sanksies volg.
Die aard en inhoud van die sanksies word beoordeel deur die Dissiplinêre komitee.
Van Zyl het gesê die tipe voorvalle sal nie deur die skool geduld word nie.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button