NewsNews

So reageer Emfuleni oor die ‘donker dae’ wat wag

Die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit het op 11 Augustus ‘n persverklaring uitgereik oor die kennisgewing van Eskom dat krag in die gebied vanaf 3 Oktober onderbreek gaan word weens die skuld wat Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit die kragvoorsiener skuld. Luidens die persverklaring het die munisipaliteit agter geraak met hul skuld aan Eskom en Rand Water as gevolg …

Luidens die persverklaring het die munisipaliteit agter geraak met hul skuld aan Eskom en Rand Water as gevolg van inwoners wat nie hul rekeninge betaal nie. Die munisipaliteit is egter sedert Junie/Julie besig om die skuld te delg.

Daar is gedurende Junie/Julie ‘n bedrag van R205 893 219.96 aan Eskom oorbetaal en R230 miljoen aan Rand Water. Die huidige skuld aan Eskom staan op  R273 miljoen, waarvan slegs R51 miljoen volgens die munispaliteit ouer as 60 dae is.

Volgens Stanley Gaba van die Emfuleni Plaaslike Munispaliteit is die bestuur besig om met Eskom te korrespondeer om uit te vind waarom die kennisgewing geplaas is. Intussen sal COGTA onderhandelinge begin sodat diegene wat wel betaal nie negatief geraak sal word nie.

Die munisipaliteit vra dat inwoners hul skuld sal betaal sodat hulle effektiewe dienste aan die gemeenskap kan lewer. Volgens die persverklaring skuld inwoners van Emfuleni die munisipaliteit sowat R5 biljoen en dit het ‘n negatiewe impak op die munispaliteit om finasieel volhoubaar te wees en basiese dienslewering aan inwoners te verskaf.

Inwoners wat geld skuld aan die Emfuleni Plaaslike Munispaliteit word gevra om hul skuld te betaal of reëlings te tref. Inwoners kan 016 950 5109 skakel of die sentrum  by die OK-gebou in President Krugerstraat besoek.

  • Eskom het ‘n kennisgewing uitgereik dat elektrisiteit vanaf 3 Oktober onderbreek gaan word. 
You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button