NewsNews

Parys-sakevrou skitter as Mev. SA finalis

“Mev. SA moet iemand wees wat haar beste self is. Iemand na wie jy kan opkyk, ’n gewone vrou wat in alles wat sy doen, haar beste gee.” Só glo Esmé Booyens Burn, sakevrou en modeontwerper van Parys, wat nou onder die  25 finaliste is vir die kroning van Mev. SA op Vrydag 17 November. …

“Mev. SA moet iemand wees wat haar beste self is. Iemand na wie jy kan opkyk, ’n gewone vrou wat in alles wat sy doen, haar beste gee.”
Só glo Esmé Booyens Burn, sakevrou en modeontwerper van Parys, wat nou onder die  25 finaliste is vir die kroning van Mev. SA op Vrydag 17 November.
Dié voormalige Mev. Vrystaat en eienaar van die modeontwerp onderneming, The Mark of E in Parys, is nie net ’n talentvolle modeontwerper en knap sakevrou nie.
Sy is ook ’n ywerige student en ma van ’n besige klein peutertjie, die 2-jarige JC.
Esmé het ‘n graad in mode-ontwerp en in besigheidsbestuur, en is tans besig met haar studie in regte aan Unisa – al het almal haar as kind probeer oortuig dat sy weens disleksie nie kan studeer nie.
Vandag kan sy getuig van wat hulp, deursettingsvermoë en ’n wil om te slaag, in haar lewe beteken het.
Sy is steeds betrokke by die Destinata Skool vir Leerlinge met Spesifieke Leergestremdhede in Meyerton.
Om betrokke te wees by programme vir kinders met leergestremdhede om die vroeë diagnose daarvan te verseker, is een van haar grootste oogmerke waarvoor sy haar sal beywer, sou sy gekroon word as Mev. SA.
Esmé vertel dat sy self eers op 12-jarige ouderdom met disleksie gediagnoseer is, en sy daarom wil seker maak kinders met leergestremdhede kry so gou moontlik die nodige hulp, veral in ’n uitdagende onderwysstelsel.
Esmé is ook betrokke by Food Forward SA. Op 25 Augustus bied sy ’n gholfdag ten bate van Kansa aan op die Parys Golf & Country Estate  baan, as deel van haar verpligtinge as Mev. SA finalis.  Die koste is R375 per persoon wat die baanfooie, halfweghuis en ete insluit. Die spelformaat is ‘n Better Ball Stableford. Vir navrae skakel Esmé by 083 925 5157 of Lizette by (056) 818 1567.
Haar grootste rolmodel en steunpilaar is haar ma, Charlene Booyens, terwyl haar man, Jonathan en klein JC haar hart se punt is.
Parysenaars kan vir Esmé stem deur #SABC3 Esme Booyens Burn na 35959 te SMS.

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button