NewsNews

SKOKKEND: Honde so uitgehonger hulle eet hul maat se karkas

Die Bloemfontein Dierebeskermingsvereniging (DBV) het ‘n skokontdekking gemaak toe hulle ondersoek ingestel het by ‘n huis waar honde so erg ondervoed is dat hulle ‘n ander hond se karkas begin eet het. Die honde is in ‘n erf in Wilgehof gevind. Luidens die persverklaring was die twee uitgeteerde honde so ondervoed dat hulle waarskynlik weke …

Die Bloemfontein Dierebeskermingsvereniging (DBV) het ‘n skokontdekking gemaak toe hulle ondersoek ingestel het by ‘n huis waar honde so erg ondervoed is dat hulle ‘n ander hond se karkas begin eet het.
Die honde is in ‘n erf in Wilgehof gevind.

Luidens die persverklaring was die twee uitgeteerde honde so ondervoed dat hulle waarskynlik weke lank sonder kos gegaan het. Net die kop van die een hond, ‘n Boerboel, het op die gras gelê, terwyl die bene en lyf reeds geëet was.

Daar was geen kos en water vir die diere en nie en boonop was daar ook twee klein hondjies van ongeveer agt weke oud. “Die hondjies was so vreesbevange en honger, hulle kon nie eers opstaan nie. Hulle was ook gedehidreer en hulle ribbes het uitgesteek,” lui die persverklaring.

 

Volgens Reinet Meyer, senior inspekteur van die DBV, was dit een van die ergste dieremishandeling tonele wat sy al in haar lewe gesien het. “Om te dink jy is so honger dat jy jou maat begin eet.”

 

Die honde is weggevat en ondergaan tans behandeling.

 

‘n Saak van dieremishandeling is teen die eienaar oopgemaak.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button