NewsNews

Plaaslike skietdae vir Augustus

Alle skuts word weer herinner aan die plaaslike jaggeweer skietdag van die Suid-Afrikaanse Jagters & Wildbewaringsvereniging (SAJWV) in Parys wat op Saterdag 12 Augustus op die Ballistic Beast Skietbaan (ou Kommando-skietbaan) by die Parys-vliegveld aangebied word. Dit sal ’n geldige skietbyeenkoms vir SAJWV-lede wees, wat ook as hul jaarlikse bywoning tel. Inskrywings kan vanaf 08:00 …

Alle skuts word weer herinner aan die plaaslike jaggeweer skietdag van die Suid-Afrikaanse Jagters & Wildbewaringsvereniging (SAJWV) in Parys wat op Saterdag 12 Augustus op die Ballistic Beast Skietbaan (ou Kommando-skietbaan) by die Parys-vliegveld aangebied word. Dit sal ’n geldige skietbyeenkoms vir SAJWV-lede wees, wat ook as hul jaarlikse bywoning tel.
Inskrywings kan vanaf 08:00 gedoen word en sluit om 09:00. Die koste is R100 per volwassene en R50 per kind. Lede en nie-lede asook juniors is welkom. Diegene wat iemand anders se kinders saambring om te kom skiet, moet onthou om vooraf by Sons of Guns ’n vrywaringsvorm in te vul. Oog- en oorbeskerming vir die skietdag is verpligtend.
Alle skuts word ook herinner dat daar geleentheid is om met handwapens te skiet op Dinsdag 15 Augustus by Sons of Guns se binnenshuise skietbaan. Enigeen wat navrae het is welkom om Jan Lubbe by 082 421 1122 te kontak, of stuur ‘n e-pos na guns@parys.co.za

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button