NewsNews

OPENBARE NIE-WINSOOGMERK ORGANISASIES MOET NOU OPTREE

    Instansies soos Ouetehuise, welsyns-, kulturele- en ander nie-winsbejag organisasies moet kennis neem dat hulle volgens munisipale belastingwette verplig is om erfbelasting te betaal, maar wel ook kan aansoek doen vir kortings of selfs vrystelling van betaling daarvan. Aansoeke moet egter voor 31 Augustus 2017 by die munisipaliteit ingedien word om in aanmerking te …

 

 

Instansies soos Ouetehuise, welsyns-, kulturele- en ander nie-winsbejag organisasies moet kennis neem dat hulle volgens munisipale belastingwette verplig is om erfbelasting te betaal, maar wel ook kan aansoek doen vir kortings of selfs vrystelling van betaling daarvan.

Aansoeke moet egter voor 31 Augustus 2017 by die munisipaliteit ingedien word om in aanmerking te kom vir kortings vir die finansiële jaar wat op 1 Julie 2017 begin het. Aansoekvorms is by munisipale kantore beskikbaar en instansies wat hulp met aansoeke benodig is welkom om Vryheidsfront Plus Raadslid Phillip van der Merwe te kontak by 058 852 2041. Applikante moet verkieslik hul aansoeke in duplikaat  voorberei en ‘n afskrif deur die munisipaliteit laat stempel wanneer dit ingedien word as bewys van ontvangs daarvan.  Applikante moet beskik oor ‘n Sertifikaat van die SAID wat bevestig dat die instansie aldaar geregistreer is vir vrystelling van betaling van inkomstebelasting voordat die instansie vir korting op erfbelasting  sal kwalifiseer.

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button