NewsNews

Sakekamer vra strenger stappe teen betogers

Die Goue Driehoek Sakekamer het Maandag ‘n dringende versoek aan Midvaal se burgemeester en munisipale bestuurder gerig om kragdadige stappe te doen om die voortslepende onrus op die R59-snelweg by Meyerton tot ‘n einde te bring   Retha Fitchat Die Goue Driehoek Sakekamer se uitvoerende bestuurshoof, mnr. Klippies Kritzinger, sê in ‘n brief waarvan Vaalweekblad …

 

Retha Fitchat

Die Goue Driehoek Sakekamer se uitvoerende bestuurshoof, mnr. Klippies Kritzinger, sê in ‘n brief waarvan Vaalweekblad ‘n afskrif ontvang het, dat die betogings, brande en klipgooiery op dié belangrike hoofroete tussen die Vaaldriehoek en die Rand, baie negatiewe gevolge vir die sakegemeenskap het. Aflewering van multi-miljoene rand is die afgelope vier weke geraak en duisende man-ure se werkstyd het al verlore gegaan omdat daar nie normaalweg sake gedoen kan word nie.

Die Sakekamer vra die Midvaal-munisipaliteit om die onregeerbare betogers met polisiehulp vas te vat. ‘n Dringende vergadering met die burgemeester is ook deur die sakegemeenskap aangevra om die redes vir die betogers se ontevredenheid te bespreek.

Die munisipaliteit het reeds verduidelik dat die betogers onder andere op beter huisvesting aandring, maar dit is nie so maklik om aan al hul eise te voldoen nie. ‘n Gedeelte van die terrein wat hulle wil beset, is byvoorbeeld onstabiele dolomietgrond wat beslis nie aangewese is vir sulke groot residensiële ontwikkelings nie.

Die behuisingskwessie is vermoedelik net die puntjie van die sweer. Wat sit werklik agter die opstande? Is daar regtig ‘n “geheime mag” betrokke wat die gladde vloei van die DA-beheerde munisipaliteit wil ontwrig en ‘n verleentheid vir die DA wil veroorsaak?

Die DA beskuldig openlik vir Paul Mashatile, LUK vir Koöperatiewe Regering en Tradisionele sake as die ‘brandstigter’ omdat hy huise en grond aan die huisloses belowe het en nou gerieflikheidshalwe verdwyn en ‘n massa gefrustreerde dakloses agterlaat.

Midvaal burgemeester Bongani Baloyi het reeds by verskeie geleenthede aan Mashatile geskryf om vas te stel hoe die plaaslike raad en die provinsie kan saamwerk om aan die beswaardes se eise te voldoen. Ondanks die erns van die saak, het Mashatile nog nie op die briewe geantwoord nie.

Die DA glo hierdie is die soveelste bewys dat die ANC hul eie ondersteuners mislei en groot frustrasie ten koste van die DA veroorsaak. Ondanks dié tendens, beloof die DA in Midvaal om voort te gaan om die brandpunte langs die R59 te ontlont en hoë gehalte diens te lewer – alleen of in samewerking met Provinsie.

LPW Makashule Gana, DA woordvoerder vir Koöperatiewe regering en tradisionele sake, het Maandag gesê die DA het weer eens ‘n beroep op Mashatile gedoen om die betogende inwoners toe te spreek en te kalmeer sodat ‘n langdurige oplossing vir die probleme gevind kan word. – Redaksionele kommentaar vir Vaalweekblad 26 tot 28 Julie 2017

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button