NewsNews

Moeg vir die R59-chaos? Teken die petisie sommer nou

Inwoners van Midvaal asook ander motoriste wat die R59 gebruik om by hul bestemming te kom sit met hul hande in hul hare omdat inwoners van Sicelo vir die derde agtereenvolgende week die pad met brandende bande en klippe versper. Verkeer word gereguleer deur Meyerton en Henley-on-Klip. DA-burgemeester Bongani Baloyi het vanoggend op sy persoonlike …

Verkeer word gereguleer deur Meyerton en Henley-on-Klip.

DA-burgemeester Bongani Baloyi het vanoggend op sy persoonlike Facebook-blad gesê dat die SAPD die hulp van die Rooi Miere ingeroep het om die situasie te beheer.

Intussen is daar ook ‘n petisie deur Kobus Hoffman van die VF+ op die been gebring om die R59 weer veilig te maak. Sowat 695 mense het reeds die petisie geteken. Die doel van die petisie is om betogers van die snelweg af te hou en ook heinings op te sit om chaos soos die in die toekoms te vermy. Daar is tyd tot Maandag om die petisie te teken.

Die R59 tussen die Johan le Roux- en Meyer-afrit is steeds gesluit asook die M61 na Samancor.

Klik op die skakel om die petisie te teken Make the R59 safe again en ook te lees presies waaroor die petisie gaan.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button