NewsNews

11000 volt eis man se lewe – Opdatering

Opgedateerde weergawe van koerant artikel Vaalweekblad 26 Julie nadat meer inligting bekom is. VEREENIGING. – ‘n 50-jarige man is Vrydagoggend 21 Julie doodgeskok toe hulle ‘n transformator wou vervang in Jakkalsrandweg by die Langerand kleinhoewes langs Falcon Ridge in Vereeniging. Elmarie McClintock van ER24 langs Conrad Briel (inlasfoto) se bedekte lyk. Volgens ER24 woordvoerder Russel …

Elmarie McClintock van ER24 langs Conrad Briel (inlasfoto) se bedekte lyk. Volgens ER24 woordvoerder Russel Meiring, was daar niks wat paramediese personeel vir Conrad (50) kon doen nie. Hy is op die toneel dood verklaar. Berig op bl. 3. Foto: Jannie du Plessis

Opgedateerde weergawe van koerant artikel Vaalweekblad 26 Julie nadat meer inligting bekom is.

VEREENIGING. – ‘n 50-jarige man is Vrydagoggend 21 Julie doodgeskok toe hy en ‘n span werkers ‘n transformator wou vervang in Jakkalsrandweg by die Langerand kleinhoewes langs Falcon Ridge in Vereeniging.
Conraad Briel (50), wat reeds bykans 10 jaar  by die firma DotCom gewerk het, het volgens inligting opgegaan met die firma se hoogwerker hyskraan (cherry picker), wat agter op die vragmotor gemonteer was, toe die krag hom doodgeskok het. Die lyn van 11Kv was om onverklaarbare rede aan gewees. Conraad het met die kraankontrole in die Cherry Picker opgegaan maar na die skok het sy hemp na bewering aan die kontroles vasgehaak en kon sy medewerkers nie die kraan laat sak met die kontroles onder die kraan nie. Met behulp van ‘n tweede voertuig is Conraad se lyk na die grond gebring.
Anton Roux, eienaar van die kontrakteursfirma, het op die toneel aan Vaalweekblad gesê dis baie hartseer en Conraad was ‘n betroubare werker. “Wat gebeur het sal net die ondersoek kan bepaal,” het Anton aan Vaalweekblad gesê. Volgens Anton was Conraad ongetroud maar kon Vaalweekblad teen druktyd geen verdere inligting kry oor die ondersoek nie.

Die saak van die skokdood word egter nog deur die polisie en Emfuleni Munisipaliteit ondersoek en sal die uitslag later bekend wees. ’n Gedenkdiens vir Conraad word eerskomende Vrydag 28 Julie om 11:00 by die NG Oos-gemeente op Vanderbijlpark gehou. Conraad laat sy ouers, twee broers, twee suster, ‘n dogter en kleinkind agter.

*’n Verdere tragedie wat met die voorval verband hou is dat Anton Roux 5 dae nadat hy die inligting oor Conraad aan Vaalweekblad gegee het, self gesterf het.

Pierre, Anton se seun het aan Vaalweekblad vertel dat ‘n by Anton Saterdag gesteek het. Later het sy hart gaan staan na komplikasies. Hy is weer na 15 minute bygebring en daarna in die intensiewe eenheid van die Vereeniging Mediclinic behandel. Anton is Woensdagoggend 26 Julie oorlede.

Conraad Briel


Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button