NewsNews

Man in kritieke toestand per helikopter hospitaal toe

‘n Man wat vermoedelik in sy 30’s is, is gistermiddag ernstig beseer toe sy bakkie op die N12, ongeveer 10 km buite Potchefstroom, gerol het. Paramedici van ER24 het omstreeks 12h10 op die toneel aangekom waar hulle die bakkie in die veld gevind het. Die man is ‘n paar meter weg van die bakkie se …

Paramedici van ER24 het omstreeks 12h10 op die toneel aangekom waar hulle die bakkie in die veld gevind het. Die man is ‘n paar meter weg van die bakkie se wrak gevind.
Hy is dadelik behandel waarna hy deur die ER24 Oneplan-helikopter na ‘n privaathospitaal in Johannesburg gevlieg is vir dringende behandeling.
Daar word beweer dat die man uit die voertuig gegooi is  terwyl dit gerol het.
Plaaslike owerhede was op die toneel vir verdere ondersoek.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button