NewsNews

Sterilisasies weer Vrydag by DBV gedoen

Die volgende sterilisasie uitreikprogram  besoek by die Parys DBV-tak is op Vrydag 28 Julie vanaf 08:00 tot 16:00. Mense wat reeds besprekings vir hul diere vir sterilisasies gemaak en betaal het by die DBV-kantoor, sal gehelp word. Mense wat egter nog nie betaal het nie, word gevra om dit so gou moontlik te doen. Vrydag …

Die volgende sterilisasie uitreikprogram  besoek by die Parys DBV-tak is op Vrydag 28 Julie vanaf 08:00 tot 16:00.
Mense wat reeds besprekings vir hul diere vir sterilisasies gemaak en betaal het by die DBV-kantoor, sal gehelp word. Mense wat egter nog nie betaal het nie, word gevra om dit so gou moontlik te doen.
Vrydag se besoek is reeds die vierde sedert die projek geloods is, en is daar danksy die projek reeds sowat 50 troeteldiere teen bekostigbare fooie gesteriliseer. Ongelukkig is daar ’n baie lang besprekingslys en is mense gevra om geduldig te wees.
Om te bespreek vir jou troeteldier se sterilisasie, of selfs as jy jou huis- of tuinhulp se troeteldiere se sterilisasie wil borg, kan Amelia van Zyl, fondsinsamelaar by die  DBV by 073 655 2914 gekontak word.
Daar word tans ook ’n behoeftebepaling gedoen vir die soek van moontlike borge vir ’n troeteldier inentingsprojek in Parys, soortgelyk aan die sterilisasieprojek.
As jy sou belangstel in so ’n projek vir jou troeteldiere of wil help met ’n  borgskap,  kan jy ook vir Amelia skakel.
Meer oor die sterilisasie uitreikprogram in Parys:
Die eerste sterilisasie uitreikprogram in die Vrystaat is vroeër vanjaar in Parys by die plaaslike DBV begin. Dié projek is moontlik gemaak danksy ’n gekwalifiseerde veearts van Potchefstroom, dr. Elize van der Merwe, bygestaan deur verskeie ander veeartse en studente, en is vir ’n jaar goedgekeur vir die Parys DBV tot einde Mei 2018.
Die projek behels dat sterilisasies van honde en katte op die DBV-perseel gedoen word, en hoewel nie gratis nie, word die koste volgens die troeteldiereienaar se inkomste bereken, en begin vanaf R250. Die rede waarom dit nie gratis gedoen word nie, is juis om seker te maak diere-eienaars neem steeds verantwoordelikheid vir hul diere. Terselfdertyd moet dit bekostigbaar wees vir alle troeteldiereienaars wat R4 500 en minder per maand verdien, en nie gewone veearts-tariewe kan bekostig nie. Die nood vir die projek is lank reeds deur die DBV raakgesien met die DBV-hokke wat net al voller word, dikwels as gevolg van ongewenste diere.
Troeteldiereienaars moet eers aansoek doen vir die sterilisasies by die DBV. Wanneer jy aansoek doen, moet jy ’n bewys van inkomste by wyse van ’n betaalstrokie of drie maande se bankstate, of dan ’n Sassa-kaart, sowel as ’n afskrif van jou ID saamneem.
Net mense wat reeds betaal het sal gekontak word vir ’n afspraak volgens die aansoekdatum.
Naas die sterilisasies, word die diere ook ondersoek en ingeënt.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button