NewsNews

Broodjiedag – jy kan môre ’n verskil maak

Wanneer dit winter is, is jy mos ekstra honger!  Veral saans wanneer dit koud en donker is. Ons hoef nie Hillbrow toe te gaan om ware hongerte en ellende te sien nie. In Parys, soos in baie ander dorpe, is daar soveel mense wat regtig swaarkry. Hoe bitter moet dit nie wees om ’n  kind …

Wanneer dit winter is, is jy mos ekstra honger!  Veral saans wanneer dit koud en donker is. Ons hoef nie Hillbrow toe te gaan om ware hongerte en ellende te sien nie. In Parys, soos in baie ander dorpe, is daar soveel mense wat regtig swaarkry. Hoe bitter moet dit nie wees om ’n  kind honger bed toe te stuur, of sonder ontbyt skool toe nie?
Dit is waarom Vrystaat Versorging in Aksie die Broodjiedag-projek ’n  paar jaar gelede begin het. Op hierdie dag word daar gepoog om sover moontlik ’n brood te voorsien in elke huis in Parys waar daar nood is.
Daarom vra VVA dat almal wat kan, asseblief op Broodjiedag, 28 Julie sal help om ’n verskil te maak. Jy kan jou bydrae afgee by die VVA-kantoor in Buitenstraat, Parys.
Kyk ook uit vir die trollie by die ingang van jou supermark waar jy ‘n brood, broodrolletjies of nie-bederfbare voedsel kan skenk.
Dit gaan ’n  groot verskil maak waar daar nood is.
Jy kan ook jou bydrae maak deur VVA se pannekoekbak-projek te ondersteun op 28 Julie voor Pick n Pay.
VVA se jaarvergadering is gehou op 25 Julie. Verskeie organisasies, vrywilligers en persone uit die gemeenskap het dit bygewoon.  Me Debbie Botes is verkies as die nuwe voorsitter, wat die leisels oorneem by Me. Kitta Bothma. Me Liza Potgieter is verkies as visevoorsitter en Arnold Schoonwinkel as Bestuurslid. Die VVA Parys bedank alle vrywilligers, donateurs en borge wat hande vat  met die VVA.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button