NewsNews

Amoré Bekker kuier by Chris van Niekerk

Tweehonderd gelukkige dames gaan die voorreg hê om op 29 Julie ’n gas te wees by ’n damestee in Vredefort, waar Amoré Bekker van RSG, die spreker gaan wees. Chris van Niekerk Skool bied die tee aan om fondse in te samel vir ’n nuwe skoolbus. Amoré was só opgewonde toe sy sien wat die …

Tweehonderd gelukkige dames gaan die voorreg hê om op 29 Julie ’n gas te wees by ’n damestee in Vredefort, waar Amoré Bekker van RSG, die spreker gaan wees.
Chris van Niekerk Skool bied die tee aan om fondse in te samel vir ’n nuwe skoolbus.
Amoré was só opgewonde toe sy sien wat die skool se ‘CVN Strings’ op YouTube doen, dat sy aangebied het om gratis op te tree!
Sy het die skool ook mediadekking gegee, toe sy vroeër vanjaar met die skoolhoof gesels het op lug. ’n TV-program, wat op Prontuit (Kyknet) uitgesaai is, het uit dié gesprek voortgespruit.
Daar is nog enkele kaartjies vir die damestee beskikbaar. Skakel Erna Rademan by 082 565 1085 as jy belangstel. Die tee vind plaas op Saterdag 29 Julie om 10:00 by Chris van Niekerk Skool in Vredefort en kaartjies kos R100.

Related Articles

Back to top button