NewsNews

Groot eer vir Bes Voorbereide Perd met Fauresmith-uithou

Die jaarlikse tradisionele Fauresmith Suid-Afrikaanse Nasionale Perde uithourit kam- pioenskap oor 204km het plaasgevind van 4 tot 6 Julie. Dit was die 44ste agtereenvolgende jaar wat die rit aangebied is, en het die Parys-egpaar, Jaco en Minette Nortman hul staal gaan wys. Die grootste hoeveelheid inskrywings nóg is vanjaar vir die rit ontvang  en ver …

Die jaarlikse tradisionele Fauresmith Suid-Afrikaanse Nasionale Perde uithourit kam- pioenskap oor 204km het plaasgevind van 4 tot 6 Julie. Dit was die 44ste agtereenvolgende jaar wat die rit aangebied is, en het die Parys-egpaar, Jaco en Minette Nortman hul staal gaan wys.
Die grootste hoeveelheid inskrywings nóg is vanjaar vir die rit ontvang  en ver meer as 400 perde het ingeskryf. Suid-Afrika stuur nie vanjaar nasionale spanne om aan die Walvisbaai-rit deel te neem wat in Augustus plaasvind nie, en was dit een van die groot redes waarom meer inskrywings vir die Fauresmith-rit ontvang is.
Minette was op die rug van JNM Thee Avelanche en was deel van die Nasionale SA Standaardgewig-span en kaptein tydens rit.
Jaco was in die Noordwes-span ingesluit.
Soos met elke nasionale rit moet ruiter en perd vooraf aan sekere kriteria voldoen om in aanmerking te kom vir’n  span. Kortlyste word opgestel, en  perde word dan 3 dae voor die rit ge-evalueer en word net 5 ruiters per span gekies in elke gewigsafdeling.
Jaco moes ongelukkig sy eerste keuse perd onttrek’n  week voor die rit as gevolg van ’n besering. Hy was gelukkig om met ’n perd, Wilan Bassan deel te neem wat hy vroeër die jaar verkoop het. Die perd was gekwalifiseer vir die rit en die nuwe eienaars het die perd tot sy beskikking gestel om te kon deelneem.
Op die laaste dag van die 3 dae rit was Minette in die eerste posisie geplaas. Sy is egter in die laaste 500m verbygevat en het 2de geëindig. Jaco het ongelukkig op 150km uitgeval. Die perd was effens mank en is gediskwalifiseer.
Al was Minette 2de, was sy steeds baie gelukkig om die toekenning vir Bes Voorbereide Perd te ontvang. Sommige is van opinie dat dit amper ’n  beter toekenning as ’n  wen is.

Minette Nortman op die rug van JNM Thee Avelanche tydens die Fauresmith-uithourit.

Na’n  rit word die top 5 perde per afdeling weer volledig deur ’n  veeartsspan ondersoek en ge-evalueer.
Die perd wat dan in die beste toestand is en lyk kry die toekenning – wat ’n groot eer is!
Die Standaardgewig SA-span het ook die spankompetisie gewen, en Jaco se Noordwes Swaargewig span was 2de in hul afdeling.
Twee van die egpaar se ander perde, JNM Schaneen en JNM Lechen het ook die rit suksesvol voltooi! Hul was gery deur vriendinne van Potchefstroom, Mietie Fick en Ilené Grobbelaar. Dit opsigself is ’n  prestasie dat die stoet ’n  100% voltooisyfer het. Nadat perde op die pre-rit veearts ondersoeke reeds uitgeval het, het net 400 perde weggespring en net 198 het die rit voltooi. Dit beteken meer as 50% perde het nie die rit voltooi nie, met die grootste rede mankhede. Moeilike terrein en hoë spoed is meestal die oorsaak, maar ook weersomstandighede soos skielike koue temperature in die berg wat styfheid kan veroorsaak wat nie vinnig genoeg en doeltreffend hanteer word nie.
Die gemiddelde temperature deur die week was egter ’n  paar grade warmer as wat gewoonlik verwag word vir dié tyd van die jaar, daarom moet weer baie mooi na spoed gekyk word sodat perde betyds by veeartspunte afgekoel kan word, vertel die egpaar. ’n  Baie klein persentasie van perde wat nie die rit voltooi het nie was as gevolg van metaboliese redes, of as gevolg van die ruiter se eie keuse.

n Welverdiende toekenning vir Bes Voorbereide Perd vir die Fauresmith-uithourit, het die kroon gespan op baie harde werk en voorbereiding. Hieronder is Jaco Nortman op die rug van Wilan Bassan.

Related Articles

Back to top button