NewsNews

Volg dié stappe om bestuurslisensie te hernu

Illustrasiefoto: Jy sal ‘n oogtoets by die toetsstasie moet doen en aansoekers kan ook ‘n verslag van ‘n oogkundige saamneem.       Let wel: Jy moet jou bestuurslisensie vier weke voor die vervaldatum hernu. Indien jy dit ná die vervaldatum hernu, sal jy teen ’n bykomende koste vir ’n tydelike bestuurslisensie moet aansoek doen …

Illustrasiefoto: Jy sal ‘n oogtoets by die toetsstasie moet doen en aansoekers kan ook ‘n verslag van ‘n oogkundige saamneem.

 

 

 

Let wel: Jy moet jou bestuurslisensie vier weke voor die vervaldatum hernu. Indien jy dit ná die vervaldatum hernu, sal jy teen ’n bykomende koste vir ’n tydelike bestuurslisensie moet aansoek doen terwyl jy wag vir jou hernieude bestuurslisensiekaart om uitgereik te word. Daar sal nie van jou verwag word om ’n bestuurslisensie-eksamen af te lê om jou lisensie te hernu nie, maar jy sal ’n oogtoets moet ondergaan en jou vingerafdrukke sal geneem word. Andersins kan jy jou oë by ’n optometris laat toets en die vorm by die bestuurslisensie-toetssentrum (BLTS) indien. Indien jou sig verswak het vanaf die datum waarop jou lisensie uitgereik is, sal nuwe voorwaardes by jou lisensie gevoeg word.

Volg hierdie stappe op jou lisensie te hernu: Gaan na jou naaste BLTS met die volgende:

* Jou identiteitsdokument (ID) en ’n afskrif van jou ID, jou ou bestuurslisensiekaart of ’n geldige Suid-Afrikaanse paspoort

* Bewys van pos- en woonadres, bv. ‘n diensterekening. As die diensterekening nie in jou naam is nie, moet die eienaar ‘n beëdigde verklaring doen wat verklaar dat jy by die adres woon. Heg die diensterekening aan die verklaring vas.

* Indien jy in ‘n informele nedersetting woon, bring ‘n brief van die wyksraadslid wat jou pos- en woonadres bevestig.

* Vier identiese swart-en-wit persoonsfoto’s. Bevestig met die lisensiekantoor hoeveel foto’s nodig is.

* Voorgeskrewe aansoekfooi

* Voltooi vorm DL1 (Aansoek om hernuwing van bestuurslisensiekaart).

* Voltooi vorm NCP (Kennisgewing van verandering van adres of besonderhede van persone of organisasies).

* Jy sal die oogtoets doen, of jy kan dit by ’n oogkundige van jou keuse laat doen en die uitslae saambring na die BLTS.

* Jou nuwe bestuurslisensie sal binne vier tot ses weke gereed wees, wanneer jy dit kan gaan afhaal by die toetsstasie waar jy aansoek gedoen het.

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button