NewsNews

Man kritiek beseer na vragmotor-ongeluk

SASOLBURG. – Verkeer op die R59, buite Sasolburg, rigting Parys, was gister vir etlike ure ontwrig na twee vragmotors met mekaar gebots het. Foto: ER24 Die ongeluk het op die brug, waar die R59 oor die N1-snelweg gaan, plaasgevind. Die een vragmotor se voorste gedeelte het van die wal afgehang met paramedici van ER24 se …

Foto: ER24

Die ongeluk het op die brug, waar die R59 oor die N1-snelweg gaan, plaasgevind. Die een vragmotor se voorste gedeelte het van die wal afgehang met paramedici van ER24 se aankoms by die toneel. Die bestuurder was in die wrak vasgekeer en gespesialiseerde toerusting is ingespan om hom te bevry.

Hy het kritieke beserings opgedoen en is per helikopter hospitaal toe geneem.

Die ander vragmotor het ‘n entjie weg tot stilstand gekom. Die bestuurder van dié vragmotor het nie beserings opgedoen nie.

Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

Related Articles

Back to top button