NewsNews

Pyn kom by petrolpomp in Augustus

  Ná ’n stewige daling in die petrol- en dieselprys aan die begin van Julie, lyk dit of motoriste in Augustus weer meer by die pomp gaan opdok. Hoër internasionale brandstofpryse en ’n verswakkende rand-dollar-wisselkoers het die waarskynlikheid verhoog dat motoriste meer gaan betaal in Augustus, sê die Automobiel-Assosiasie (AA). soos dinge nou staan , …

 

Ná ’n stewige daling in die petrol- en dieselprys aan die begin van Julie, lyk dit of motoriste in Augustus weer meer by die pomp gaan opdok.

Hoër internasionale brandstofpryse en ’n verswakkende rand-dollar-wisselkoers het die waarskynlikheid verhoog dat motoriste meer gaan betaal in Augustus, sê die Automobiel-Assosiasie (AA).

soos dinge nou staan , sal die pyn egter nie te erg wees nie, hoewel die prentjie nog kan verander na die einde van die maand toe. Petrolpryse kan in Augustus met sowat 7c per liter styg en dieselpryse met 21c, volgens die AA.

Die jongste syfers van die Sentrale Energiefonds se brandstofprys-eenheid wys die gemiddelde onderverhaling op petrol van 30 Junie tot 14 Julie was 7,6c vir 95-oktaan- petrol en 4,8c vir 93-oktaan. Die gemiddelde onderverhaling vir diesel was sowat 21c.

’n Onderverhalings beteken motoriste betaal te min vir brandstof as dit bereken moet word volgens die huidige wisselkoerse en internasionale brandstofpryse.

Die brandstofprys word op Woensdag 2 Augustus aangepas.

“Daar was ’n effense daling in die internasionale petrolprys, maar diesel en paraffien is duurder. Die rand se verswakking teenoor die Amerikaanse dollar het sowat 17c per liter bygedra tot die (moontlike styging) in die brandstofpryse.”

Die AA sê internasionale petroleumprodukte se prys neig oor die algemeen hoër in Julie. Dit lyk asof die rand ook verder kan verswak en indien dié tendense voortduur vir die res van die maand, kan die styging in brandstofpryse hoër wees.

“Soos ons voorheen al aangedui het, die daling in brandstofpryse oor die onlangse maande sal waarskynlik nie volgehou kan word nie, en motoriste moet hulself voorberei om meer te betaal aan die einde van die maand.” (Bron: Netwerk 24)

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button