NewsNews

FIELA SE KIND BESOEK DIE VRYSTAAT KUNSTEFEES!

    God vergewe ons baie, maar God vergewe ons nie die kwaad wat ons ´n kind aandoen nie.  Die bruin vrou Fiela Komoetie het haar wit vondelingkind Benjamin met liefde en trots grootgemaak, tot die dag nege jaar later dat die sensusmanne hom kom haal het.  “Hulle het hom net kom vat … sommer …

 

 

God vergewe ons baie, maar God vergewe ons nie die kwaad wat ons ´n kind aandoen nie.  Die bruin vrou Fiela Komoetie het haar wit vondelingkind Benjamin met liefde en trots grootgemaak, tot die dag nege jaar later dat die sensusmanne hom kom haal het.  “Hulle het hom net kom vat … sommer net so!” het Fiela Komoetie gesê.  Aan die ander kant van die berg, in die Bos, woon die houtkapper Elias van Rooyen en sy vrou Barta, wie se driejarige Lukas weggeraak het.  Is Benjamin en Lukas dieselfde kind?  Jare later is dit Benjamin/Lukas self wat worstel met die vraag: wie is ek?  Hy móét weet, anders kan die vrou wat hy liefgekry het nooit syne wees nie.  Die antwoord is daar, weet hy: iewers in homself, diep verskuil in die verlede, bly dit hom ontwyk.

 

Dalene Matthee se baie bekende Fiela se Kind toer vanjaar landwyd en besoek die Vrystaat Kunstefees in Bloemfontein op 20 en 22 Julie 2017.  Besprekings kan gedoen word deur Computicket te skakel by 0861 915 8000, of bespreek aanlyn www.computicket.com.  Vir groepbesprekings en skoolbesprekings, skakel Lefra by (011) 815-3000 of stuur ’n e-pos na admin@lefra.com.  Die beplande speelvakke vir 2017 lyk soos volg:

  • 21 tot 27 Augustus 2017: Baxterteater, Kaapstad
  • 28 Augustus tot 3 September 2017: Atterburyteater, Pretoria

Die produksie word aangebied met die trotse ondersteuning van Stuttaford van Lines, RSG en Sounds Good.

 

Suzanne van Wijk het Fiela se Kind vir die verhoog verwerk en Frans Swart hanteer die regie.  Swart het die produksie reeds twee keer in die verlede aangebied in 1997 en 2007 en het hy en Dalene Matthee voor haar dood groot vriende geword.  “Ons wil graag ook met hierdie produksie van Fiela se Kind hulde bring aan Dalene Matthee … een van Suid-Afrika se mees talentvolle skrywers.  Tydens een van ons repetisies destyds, het Dalene vir my ‘n kopie van Fiela se Kind gebring – binne in was geskrywe:  FIELA IS IN GOEIE HANDE!  DALENE MATTHEE. Dit is nou weer tyd dat ons die wonderlike storie van Fiela se Kind op die verhoog ervaar,” sê Swart.  “Ek en my span het van die staanspoor gesê ons wil nie enige vorige Fielas kopieër nie en daarom gaan hierdie produksie vars en nuut wees.  Ek is baie opgewonde wat in die kreatiewe prosesse gebeur het.  Teatergangers gaan beslis ‘n wonderlike nuwe produksie kan ervaar – en daar is natuurlik na 30 jaar ‘n nuwe generasie wat Fiela se Kind nog nooit op die verhoog gesien het nie.”

 

Besprekings kan gedoen word deur Computicket te skakel by 0861 915 8000, of bespreek aanlyn www.computicket.com.  Vir groepbesprekings en skoolbesprekings, skakel Lefra by (011) 815-3000 of stuur ’n e-pos na admin@lefra.com.

 

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button