NewsNews

Pensionarisse moet onthou!

Pensionarisse wat kwalifiseer vir kortings op erfbelasting vir die nuwe munisipale belastingjaar wat op 1 Julie 2017 begin het, moet onthou dat aansoeke vir die afslag gedoen moet word voor 31 Augustus 2017. Om te kwalifiseer moet die applikant eienaar van die eiendom wees en dit self bewoon, ouer wees as 60 jaar of ’n …

Pensionarisse wat kwalifiseer vir kortings op erfbelasting vir die nuwe munisipale belastingjaar wat op 1 Julie 2017 begin het, moet onthou dat aansoeke vir die afslag gedoen moet word voor 31 Augustus 2017.
Om te kwalifiseer moet die applikant eienaar van die eiendom wees en dit self bewoon, ouer wees as 60 jaar of ’n ongeskiktheidspensioen ontvang en nie eienaar wees van meer as een eiendom nie.
Die inkomste van die huishouding (d.w.s. applikant en gade) moet minder beloop as R 6 604,00 per maand. Kortings word as volg bereken : Op inkomste van R 0,00 tot R 3 300,00 per maand : 100%; op inkomste van R 3 301,00 tot R4 005,00 per maand : 40%; en op inkomste van R 4 006,00 tot R6 604,00 per maand : 15%.
Aansoekvorms vir die korting is by munisipale kantore beskikbaar en pensionarisse wat hulp met die aansoek benodig is welkom om Raadslid Phillip van der Merwe van die Vryheidsfront Plus te kontak by 058 852 2041. Applikante moet veiligheidshalwe ‘n afskrif van hul aansoek maak en vra dat die munisipaliteit ’n datumstempel op die afskrif aanbring wanneer die aansoek ingedien word.

Related Articles

Back to top button