NewsNews

Gesoek: Items vir landbou-veiling

Die organiseerders van die Agriworks Landbou Ekspo wat op 28 en 29 Julie by die Trimpark in Potchefstroom gehou word, beplan ‘n landbou veiling vir Vrydag 28 Julie. Die veiling sal per lotte en per katalogus gehou word. Het jy iets om op die veiling te verkoop? Stuur dan ‘n foto en beskrywing van die …

Die organiseerders van die Agriworks Landbou Ekspo wat op 28 en 29 Julie by die Trimpark in Potchefstroom gehou word, beplan ‘n landbou veiling vir Vrydag 28 Julie.
Die veiling sal per lotte en per katalogus gehou word. Het jy iets om op die veiling te verkoop? Stuur dan ‘n foto en beskrywing van die item/s asook jou naam en kontakbesonderhede na info@agriworks.co.za vir meer inligting. Jy kan enige iets waarin ander boere en kopers dalk mag belangstel, as ‘n lot lys (bv. landboutoerusting, masjinerie, ou waens, ens).
Kopers kan die veiling by die Agriworks Ekspo op Vrydag 28 Julie bywoon. Registrasie is vanaf 14:00 in die AgriCentre en die veiling begin om 15:00. Stuur ‘n e-pos na info@agriworks.co.za om voor die veiling ‘n katalogus van items te bekom. Ander hoogtepunte by die ekspo sluit in: Nuutste landbou implemente, die Agriwoks landbouseminaar vir suksesvolle boere (Vrydag 28 Julie vanaf 10:00 – 12:00), ’n boerboelskou en evaluering deur SABBS (Saterdag 29 Julie), ‘n ou-motors tentoonstelling (Saterdag 29 Julie), asook ’n gemeenskapsmark met plaaslike kuns en handewerk (Saterdag 29 Julie). Die ekspo is ’n heerlike uitstappie vir boere en hul gesinne en bied ook vermaak, musiek, drink- en eetgoedstalletjies.

Die ekspo sal daagliks oop wees van 9:00 tot 17:00. Toegang is R20 per persoon en kinders onder 18 is gratis. Kaartjies is beskikbaar by die Trimpark se hekke op die dag. Veilige parkering word ook voorsien. Ondernemings wat belangstel om hul produkte en dienste uit te stal, kan hul staanplekke nou reeds bespreek. Besoek www.agriworks.co.za of skakel die organiseerder, CADEK Media, by 021 854 4700 vir meer inligting.

Related Articles

Back to top button