NewsNews

Room van SA se Boerperde en vertoners hier te sien

Die SA Boerperd (inter) nasionale kampioenskappe vind plaas van 17 tot 22 Julie by die Afri Dome in Parys. Die Boerperd-telersgenootskap nooi alle belangstellendes om dié byeenkoms gratis by te woon. Die geskiedenis van die SA Boerperd is soos ’n  goue draad met die moderne ontwikkeling van Suid-Afrika en sy mense verweef. Deur die eeue …

Die SA Boerperd (inter) nasionale kampioenskappe vind plaas van 17 tot 22 Julie by die Afri Dome in Parys. Die Boerperd-telersgenootskap nooi alle belangstellendes om dié byeenkoms gratis by te woon.
Die geskiedenis van die SA Boerperd is soos ’n  goue draad met die moderne ontwikkeling van Suid-Afrika en sy mense verweef. Deur die eeue heen is ’n  verskeidenheid uitheemse perderasse saam met avontuursoekers die land ingebring vir onder meer arbeid en as vervoermiddel.
In die uiterste klimaatstoestande van Suider-Afrika het slegs die mees geharde perde – deur die vermenging van perderasse – oorleef. Dus was dit ’n  natuurlike seleksieproses. Uiteindelik het hier ’n  unieke en ongekompliseerde perderas, nommerpas vir ons omstandighede op eie bodem gevorm.
Die SA Boerperd is die enigste inheemse perderas wat as volledig ontwikkelde Suid-Afrikaanse ras erken word.
Die SA Boerperd se jaarlikse en nou (inter) nasionale kampioenskappe vind hierdie jaar vanaf 17 tot 22 Julie in die pragtige onderdak arena van die Afri Dome in Parys plaas.
Alle belangstellendes word hartlik uitgenooi om die gesellige winter-warm atmosfeer tussen die SA Boerperdtelers, -ruiters, -koetsiers en -vertoners teen die agtergrond van dié mooi Vrystaatse dorpie met al sy interessante toeriste-aantreklikhede, te kom geniet.
Die skouspringvertonings begin Maandag 17 Julie vanaf 08:00 en duur tot 13:00. Opwindende programme, skouklasse, werkperdklasse en ander afdelings sal volgende week elke dag aangebied word. Interessante programme word ook vir die aande beplan, soos bvvoorbeeld Juliette Whelpton se perdestories om die braaivleisvure.
Sit gerus ’n  trippel in jou stap en besoek dié interessante byeenkoms.

Related Articles

Back to top button